Jacques Smit Photography
07/05/2026
Two creatives. One vision. 📸✨
In a world where competition is loud, we choose collaboration. Because when photography and videography come together, we don’t just create stunning visuals—we build a community, inspire growth, and elevate the craft for everyone. Let’s support, not compete. 🤝
"As iron sharpens iron, so one person sharpens another." — Proverbs 27:17 ✨
Jacques Smit Photography
21/04/2026
Op 4 April 2026 was dit vir ons n wonderlike voorreg om deel te kon wees van Andre en Sylize se troudag. Ons kon hulle pragtige dag op fotos en video vasvang. Ons post n paar fotos van hulle groot dag. Hier is hulle verhaal van liefde: " SYLIZE: Ek was vir 2 jaar op KOER en het ’n paar mense ontmoet, maar nooit in my hart gevoel dat dit die regte een is nie. Ek het altyd vir die Here gevra om my te bewaar, en dat Hy die gesprekke sou laat doodloop as dit nie Sy wil was nie.
Na baie probeerslae het ek moedeloos geraak en die app afgevee – net om dit weer af te laai en weer uit te vee. Uiteindelik het ek besluit ek is klaar.
My pa het egter altyd gesê ek moet weer probeer, weer KOER, weer my hart waag. In Maart 2025 het ons langs die dam gesit toe hy sê: “Vat nog een kans.” Net daar het ek gebid en vir die Here gesê ek probeer nog een keer, en Hy moet my lei.
’n Paar weke later, op ’n mooi dag in April, kry ek ’n KOER van André. Sommer met die eerste gesprek het ek geweet hier’s iets besonders. Ons was gou smoorverlief, en Jesus was van die begin af deel van ons storie. Al die bevestigings waarvoor ons gebid het, is vir ons gewys.
André het my op my verjaarsdag uitgevra, en in September het hy my gevra om te trou. Hy maak my gelukkig, beteken alles vir my, en ek kan my lewe nie sonder hom indink nie.
André was my grootste gebed en Jesus het my geseën met iemand besonders wat my hart vul en laat oorloop van liefde.
Jesus beantwoord gebede!
ANDRE: Ek was vir omgeveer 4 jaar op KOER en het 'n paar mense ontmoet daar wat net kort verhoudings was en eintlik net meer en meer belangstelling verloor in 'n verhouding.
My laaste keer op KOER was net na 'n verhouding wat ek moes kort knip want ek het gevoel as ek nie dit doen nie mors ek ons tyd en dan kan ek God se plan vir my lewe mis.
Ek ontmoet toe vir Sylize op KOER en gesels 'n week met haar voor ek ons onmoetting (eerste date) reel. Ons gaan doen toe 'n wine and chocolate pairing by Spier in Stellenbosch en op die selfde dag was ek saam my Suster by haar verjaarsdag in Constantia vir klim en klouter aktiwiteite.
Ons maak toe vroer klaar en ek is haastig oppad na die date want ek moet ander klere aan kry en die sweet op 'n manier af kry en reg maak vir die date. Ek maak toe klaar by Spier in die badkamer en laat weet haar ek is vroer en toe word sy gedruk om haar wasgoed vinnig klaar te maak en vroer by die date te wees.
Sy kom toe by die venue aan en toe sien ek hoe kort sy is, maar ek het gedink tenminste sal ek beter kan dans met haar. Ons het toe 'n goeie tydjie gehad en lekker gesels en toe word ons gejaag om die wyn vinnig te proe en sy voel to bietjie tipsy. Ek stel toe voor ons ry strand toe en gaan kyk 'n fliek dan is sy tenminste nader aan die huis en ek kon seker maak sy is veilig.
In die vliek toe toets ek die waters om te sien of sy van my hou en die wyn het nog gehelp met die self vertroue om haar hand te vat. Dit het haar onverwags gevang maar tenminste kon sy gaan besluit dat sy van my hou em iets spicy gehad om haar ouers te gaan vertel. Ons het so vir 3 weke gedate voor ek haar wou uit vra op haar verjaarsdag.
Ek geweet ek moet dit maklik maak op die datum te kan onthou. Vir haar verjaarsdag gaan ons uit met haar ouers en ek ontmoet hul toe vir die eerste keer en haar pa wou my toe eers bietjie deursoek en vra vra. Hy het toe so gemaak en ons was lekker op die spot gesit veral toe hy vra "wat is jou intensies met my dogter" en "wanneer vra jy haar uit".
Toe bars hy my babbel om haar te suprise om haar uit te vra op haar verjaarsdag. En op daai dag toe kry ek al sy seen om te weet hy gee sy blessing vir ons verhouding en dat ek met haar kan trou. En dis waar ek begin spaar het om vir haar 'n ring te maak en toe 20 Septermber gevra het om te trou. Die Here het ons gehelp in alles wat ons toe moes beplan vir die troue en ook op die spesiale dag wat uit een gesit was op paas naweek.
Die Here het ons ryklik geseen en kan nou verseker se die Here het rerig iemand vir elke een daar buite gemaak wat by hom/haar pas wat in sy goeie plan kan saam die pad stap. "
Big shout out to my top fans on a streak 🔥! Henry Odendaal
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
Worcester