Moringa4All
11/12/2018
dankie vir julle ondersteuning
ONE GOOD TURN DESERVES ANOTHER!
We would like to reward your kindness by giving you an entry into the draw to win a Mahindra K4 to the value of R190 000, with every donation you make to our cause.
Click on the DONATE button, and answer one easy question... It's as easy as that!
Closing date is midnight 31 May 2019, and the winner will be contacted via the supplied cellphone number, announced on Facebook, and also in 3 major South African newspapers. DONATE AND WIN!
Like our page and share this post for more chances to win!
https://sagariacare.co.za/
30/07/2018
Moringa is goed vir mens en dier Boere in die rypvrye gedeeltes van die land het die geleentheid om wins te maak met die aanplanting van Moringa oleifera op kontrak (lees meer in ProAgri 204). Jy hoef egter nie Moringa aan te
MORINGA PROSESSE
Steggies :
• Steggies – stam dikte 2,5cm en lengte 1.5 m
• Steggie lengte – 50cm tot 1.5m lank
• Gebruik harde hout – nie groen takke nie
• Plant een derde van die steggie in die g*t
• Maak g*t `n dag vooraf nat en daarna elke tweede dag vir ongeveer 2 maande
Saad :
• Die saad word geplant met `n spesiale aangepaste planter
• Vir blaar produksie is die aanbevele digtheid 1 miljoen plante per hektaar
• Hou klam maar nie nat nie – die knol vrot as hy te veel water kry.
• Ontkieming ongeveer 7 na 14 dae
• Ontkieming sukses is ongeveer 85 %
• As ou saad gebruik word is die ontkieming swak
• Moet nie die saad plant as die temperatuur onder 13° daal nie.
Uitplanting :
• Omhein die boord aangesien dit `n uiters voedsame en aantreklike kos is vir diere is.
• Grond moet goed dreineer
• Plant uit in na middag wanneer die son laag sit [ ongeveer na 16h00]– nie in volle son nie en benat liggies.
• Die aanbevele plant distansie vir saad produksie is 3m x 3m x 3m x 3m = 1111 bome per hektaar. Die boer kan die spasie aanpas na gelang van sy trekker breedte.
• Drip sisteem 20cm g*te, Tot soveel as 40% van die steggies kan vrek.
Boord en Boom Instandhouding vir Saad en Blom Produksie :
• Begin die boom op `n hoogte van ongeveer 60 cm snoei sodat die stam kan verdik en die boom kan bos.
• Hou die boom op `n hoogte van ongeveer 2 meter vir die doel van saad produksie
• Verwyder gereeld dooie takke.
• Blom bevordering
• Gereelde water met drip besproeing bevorder die blomme
• Konstante kompos inwerking verhoog oeste tot drie keer meer
• Die boom vereis nie kunsmis nie maar die byvoeg van organiese kunsmis kan groei bevorder.
• Die verwydering van te veel blare kan blom ontwikkeling vertraag.
Blaar Oesting :
• Blare word meganies geoes met `n stroper wat die blaar af suig
• Die eerste blare is na ongeveer 2 maande na plant gereed en word daarna ongeveer elke 6 weke geoes. Gedurende die winter sal die produksie afneem.
• Die blare moet verkieslik binne `n half uur nadat dit afgesny is in die waskrip afgespoel word.
• In die waskrip word die blare gewas met gesaniteerde water.
• Die blare word vanuit die waskrip op die droogsif geskep sodat die meeste water kan afdrip.
• Die blare word in `n rol droeër gelaai
• Die blare word na ongeveer 8 ure uitgehaal as droog.
• Die gedroogde blare word in `n rol sif geplaas wat die blare en takke skei. Die gedroogde blare word verkoop vir menselike gebruik terwyl die takkies gebruik word in veevoer.
• Die gedroogde blare en takke word verpak in aparte 50kg sakke
• Die boer moet van die gedroogde blare as monsters na die depot- laboratorium stuur om te toets vir enige stowwewat kan verhinder dat die oes gekeur word.
• Nadat die depot deur middel van die laboratorium die oes as aflewerbaar sertifiseer, sal aflewerings datum aan die boer gegee word, en sal die depot die oes kom afhaal.
Blaar Produksie :
• Bome moet ongeveer elke 5 of 7 jaar vervang word aangesien die blaar produksie afneem.
• Kan soveel as 4 – 8 oeste per jaar behaal.
Blom Produksie :
• Blomme word met die hand ge-oes
• Te veel of te min blomme kan die saad produksie nadelig beinvloed
• Die eerste blomme verskyn ongeveer 4 tot 6 maande na aanplanting
• Bome blom regdeur die jaar
Saad Produksie :
• Peule se kleur begin verander gedurende Augustus / September en word dan geoes.
• Sodra die peule begin oop spring kan die leë peule verwyder word en die sade in sakke gegooi word.
• Een peul het ongeveer 15 – 20 sade.
• Een boom lewer :
Eerste jaar ongeveer 200 kg per ha
Tweede jaar ongeveer 600 kg per ha
Na derde jaar ongeveer 1350 kg per ha
Een boom kan so veel as 11 kg saad per jaar na 3 jaar lewer.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the practice
Website
Address
Villieria