Hoërskool Strand - Strand High School

Hoërskool Strand - Strand High School

Share

Photos from Hoërskool Strand - Strand High School's post 06/07/2026

Hoërskool Strand se rugbymanne het die veld behoorlik aan die brand gespeel tydens die o.16 VKB Rugbyweek in Frankfort en die o.19 VKB week in Reitz.

Die o.16 Wes-Kaap Disa-span het deurgaans uitstekende rugby gespeel en die eindstryd gehaal waar hulle ongelukkig met 23–24 in 'n ware naelbytstryd vasgeval het.

Die o.19 Disa-span het in die finaal baie goeie rugby gespeel, alhoewel die uitslag nie in ons guns was nie, het ons seuns ongelooflike karakter en deursettingsvermoë getoon.

'n Besondere woord van dank aan die groep lojale ouers wat die moeite gedoen het om na Frankfort en Reitz te reis. Julle entoesiasme en onwrikbare ondersteuning is 'n bewys van hoe gesond en sterk die rugbykultuur by Hoërskool Strand is. Julle het 'n groot rol gespeel om die spelers aan te vuur en ons skool met trots te verteenwoordig.

Spesiale toekennings:
o.16 Toerspan na die Verenigde Koninkryk:
Neville Lloyd
Michal Jacobs

o.16 Nie-toerendespan:
Shawn Clark
Reghardt Beukes
Divan de Villiers

o.16 Beste speler in sy posisie:
Beste vleuel: Neville Lloyd

Julle het met bewys dat jul met gemak op provisiale vlak kan deelneem.

02/07/2026

Geseënde verjaarsdag, juffrou Swart. ✨

Mag jou dag gevul wees met jou gunsteling blomme, vreugde en die mense vir wie jy lief is. Geniet jou spesiale dag. ✨

Want your school to be the top-listed School/college in Strand?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address


205 Sarel Cilliers Street
Strand
7140

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 14:30