RCA Computer Academy

RCA Computer Academy

Share

01/12/2016

Pappa Vader ek is geneig om gou te vergeet in hoeveel moeilike omstandighede ek al in my lewe was en hoe ek elke liewe keer daar uitgekom het, en nie deur myself nie, maar deur U wat gemaak het dat ek as oorwinnaar uitgetree het in elkeen van my onstandighede en hoe moeilik alles toe gevoel het! Dit is juis wanneer iets so onmoontlik lyk dat U dit moontlik maak. U is mos nie sommer net n God nie, U is bo-natuurlik, die God wat die onmoontlike moontlik maak. Die God wat my nooit ooit begewe of verlaat nie. Hoe sal ek dit da nooit kan vergeet, ek het immers n geskiedenis met U! Daar is soveel ongelooflike wonderlike herinneringe oor wat U in my lewe gedoen en beteken het, en nog steeds doen! U beteken soveel vir my. Net die blote feit en gedagte dat ek met U kan praat, my hart voor U kan oopmaak en met U kan praat beteken soveel vir my, dit is genade Here, blote genade. As dit nie vir U goedheid en guns was nie, waar sou ek vandag gewees het, wat sou van my geword het? Dankie dat U n God van Genade is, van Liefde, van Vrede, van Vreugde, van Oorwinning. Dankie Jesus, dat U my deur hierdie berg in my lewe ook sal dra en dat wanneer ek op die einde sal terugkyk, sal ek verbaas staan om te sien dit is eintlik net n molshopie is. Aan U al die eer, al die lof, al die dank en al die aanbidding. Amen.

30/11/2016

Abba Vader, regtig my Koning, as die een ding na die ander jou tref, en jy raak moeg en uitgeput, vermoeid en belas, bekommerd, gedaan, wanneer dit voel of alles en almal teen jou is en of niks vir jou wil uitwerk of in jou guns wil werk nie, dan is dit moeilik my Vader, vrek moeilik om met geloofsvertroue te sit. Vrek moeilik om te glo jou deurbraak is oppad, vrek moeilik om swanger te wees met hoop en geloof en verwagting, en jy kyk rondom jou en jy sien hoe elkeen se deurbraak kom en hoe goed dit met die ou gaan en met daardie een en ek begin wonder, wat het ek verkeerd gedoen Here? Het U dalk van my vergeet? Het ek U teleurgestel dat U my nie meer wil he nie. Bid ek verkeerd, en dan onthou ek hoe moeilik dit die laaste tyd is vir my om te bid, ek is net eenvoudig te moeg, kragteloos, ek het nie meer veglus of veggees binne in my nie. Dan wil ek soos Dawid vra, wil U my nie maar liewers om haal nie Here? Of wil U dan nie net weer iets groots en positiefs in my lewe laat gebeur sodat ek weer hoop vir die toekoms het nie? Sodat ek net so n klein bietjie meer lewensvreugde kan he. Ek weet Vader ek is sommer net onnodiglik moeilik, daar is soveel swaar en seer rondom my en ek wil kla en murmireer en my mond uitspoel. Here God, gee my net weer bietjie positiwiteit asseblief my Vader, lig my op en gee my hoop Vader, gee my krag, wees my genadig en Here asseblief vergewe my omdat ek vandag so negatief en vol draadwerk is. In U wonderlike Naam, in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees is dit my gebed. Amen en Amen.

14/11/2016

Dankie Vader dat ek n wonderwerk is wat wag om te gebeur. Gee dat ek die antwoord op iemand se gebed kan wees. Ek wag in pure opwinding en met eerbied en ontsag om U werk te doen, om U mond op aarde te wees. Here, my kinders, Jemin en Roelien se droom is om hulle in die Weskaap te vestige en daar hulle lewe en toekoms voort te sit. Dankie vir gebedsverhoring my God. Pappa Vader seen en salf my gesin met U salfolie van genade, sodat ons weer die lewe met nuwe hoop, geloof en krag kan aanpak. Ek is op n baie laagtepunt in my lewe Here Jesus, ek het U nodig om my op te lig uit die ‘deep muddy clay and to put my feet back onto You, the Kings highwag! Vandag voel ek so moeg, afgemat, gedaan, Here, gee my krag, gee me nuwe krag en hoop om op te staan en uit te gaan, om iets positiefs vir my medemens te beteken vandag. O genade my Vader ek het so n snaakse moegheid en doodsheid in my vandag, as ek asemhaal moet ek eers weer my kop n bietjie in my hande laat sal, moet ek dit eers n bietjie laat rus en probeer ontspan. Ek voel so vasgedruk, Here, benoud en vermoeid en belas. Die pyn maak my gek. Asseblief my God, gee vir my krag, arendsvlerke, maak my voete soos die van n ribbok, lei my Here God, lei my. Wees my hierdie sondaarkind genadig Vader, want as daar iets is wat ek vanoggend regtig baie nodig het, dan is dit genade op genade en weereens net genade, geloof, hoop en liefde. Die grootste hiervan my Vader is die liefde. Dankie vir die onvoorwaarlike liefde wat ek uit U Vaderhand ontvang, en dankie dat U bo natuurli n wonderwerk vandag in my lewe gaan verrig. Dit is my gebed vandag in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Amen.

13/11/2016

Dankie Abba Vader dat ek altyd die sekerheid het, U is my God, U sorg vir my! ek staan sterk soos 'n welige olyfboom; ek is in U huis en ek steun altyd daarop dat U vir my sorg. Ek sal U altyd loof vir wat U vir my doen. Voor die ganse wereld sal ek u Naam prys, want U is goed! Die dwaas d**k daar is geen God nie. Dwase mense vernietig alles; wat hulle doen, is 'n gruwel vir U my God! Red my deur U mag, o God, laat aan my reg geskied deur U krag. Hoor my gebed, o God, luister na my woorde! U hou my lewe in stand. Uit elke benoudheid wat oor my pad kom, het U my gered! Hoor my gebed, o God, moet tog nie onverskillig staan teenoor my smeking nie! Ek het U so desperaat nodig, ek het n wonderwerk uit U Vaderhand nodig! Luister na my gebed en antwoord my: my sorge gee my geen rus nie! ek roep na U my God, na U die Here wat my sal red! In die aand, in die môre en in die middag, heeldag kla en sug ek, en U hoor my roep! Ek laat nou my sorge aan U oor my God, U is getrou, U sal aantwoord op my gebed, wanneer ek in benoudheid na U roep! As ek bang word, vertrou ek op U! As ek moeg word, roep ek na U! as ek vermoeid of belas is, soek ek U teenwoordigheid! As ek siek voel, vra ek U om my te genees! Niks in hierdie lewe is my beskore of aanvaarbaar as U nie deel is daarvan nie. Dankie dat U alomteenwoordig in my lewe is, dat U my nooit ooit begewe of verlaat nie!Ek roem U Grote en Heilige Naam. Alle eer aan U my God in die hoogste hemele en op aarde n welbehae. Dankie dat ek U kan liefhe en dat U my liefhet. Amen en Amen.

08/11/2016

Abba Vader, Yahushua, dankie dat ek U sonder huiwering kan nader en my kommer en kwellinge met U kan deel, soos nou Vader, wanneer ek soveel liggaamlike pyn het dat ek letterlik moet kruip en nie behoorlik kan loop nie, wanneer my vyande meer word en die stress, die kommer en kwellinge van hierdie wereld my oorweldig, dan is U daar vir my, U gee my hoop, U gee my krag, U is my Anker, my Rots wat vas en stewig staan. Elohim, ek is U duurgekoopte bloedgewaste kind! Vul my van die kroon van my kop tot die sole van my voete met vars olie direk uit die hemel uit om in groter salwing te loop, om met vrymoedigheid my hart teenoor U oop te maak en te praat oor dit wat my hartseer maak en oor dit wat my bly maak, oor dit wat my met kommer en kwellinge vul en oor dit wat my beker van genade laat oorloop! U die Here my God, die Messias, my Verlosser is lief vir my, en niks kan my skei van U liefde nie, en niemand kan dit van my af wegneem nie! U praat met my in die stilte van die nag, U gee aan my openbaringe! U berei vir my n tafel voor in die teenwoordigheid van my vyande, en U seen my! Ek wandel in U seeninge. Abba Yahuveh, in U grote Naam, dank en loof ek U nou! Dankie Pappa Vader date k dag vir dag U genade onbeskryflik groot ervaar. Dankie Jesus, dankie Elohim, hoe groot is U! hoe onbeskryflik groot is U! Dan wil my siel net uitroep, hoe groot is God, hoe groot is God my Redder! Alle eer aan U in die hoogste hemele en op aarde n welbehae. Amen.

05/11/2016

n Goddelose regeerder
Spr 28:15-16 "'n Brullende leeu, 'n beer wat wil rondstorm, so is 'n goddelose regeerder oor 'n weerlose volk. As 'n heerser verstandigheid kortkom, is daar baie verdrukking; wie uitbuiting haat, lewe lank."
Spr 29:2 "'n Volk juig as regverdige mense die mag kry; 'n volk sug as 'n goddelose mens regeer."
Spr 29:4 " 'n Koning wat reg laat geskied, maak 'n land veilig; een wat net belastings oplê, ruïneer 'n land."
Spr 29:14 "As 'n koning reg aan arm mense laat geskied, sal hy lank regeer."
Spr 29:16 "As goddelose mense regeer, regeer die sonde ook, maar die mense wat die wil van die Here doen, sal sien hoe die goddeloses ondergaan."
Dit voel of ek net niks verder hieroor hoef te skryf nie. Hierdie tekste beskryf presies die situasie waarin Suid-Afrika tans vasgevang is en al maak ons HOE mooi praatjies, is dit eenvoudig hoe dit is. Maar voel almal in die land dieselfde? Gewis nie, maar dit staan soos 'n p**l bo water dat ons tans in diep waters verkeer en ons moet vinnig daaruit kom! Maar hoe? Dit lyk net onmoontlik!
Wel, dit is baie duidelik dat hierdie tipe leierskap teen die Here se wil is, en ons mag alles in ons vermoë doen om op 'n wettige manier daarteen te staan deur die regte kanale te gebruik, waarvan die stembus die eerste en belangrikste is. Maar, ons mag steeds nie die landswette verbreek nie, ons moet steeds aan die keiser gee wat hom toekom (hierdie verwys nie na 'n persoon nie maar na 'n bestel) en ons moet steeds aktiewe burgers wees wat werk vir 'n beter lewe vir almal.
Vriend, al wil ek dit dalk nie raaksien nie, die Here is steeds in beheer. Laat die deurbraak aan Hom oor en bly bid vir die herstel van ons land. Laastens glo ek ook dat die Here wil hê dat ons as land moet terugdraai na Hom toe. Kom ek en jy begin daarmee in ons eie huise. ~ Willem Botha, 02/11/2016

Want your school to be the top-listed School/college in Rustenburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address


Rustenburg
0299