Every Nation Kruislig

Every Nation Kruislig

Share

01/06/2026

SONDAGDIENS - 31 Mei 2026

In hierdie Sondagdiens het André de Jager gepreek uit Joshua 7 en gefokus op “God’s Righteous Anger”.

Die boodskap het ons herinner dat God sonde ernstig opneem en dat ongehoorsaamheid nie net ons eie lewens raak nie, maar ook die mense rondom ons kan beïnvloed. In die verhaal van Agan sien ons hoe verborge sonde die volk se verhouding met God en hul vooruitgang belemmer het.

Ons is uitgedaag om eerlik ons eie harte te ondersoek en te vra of daar areas van sonde is wat ons moet bely en los. God wys nie sonde uit om ons te veroordeel nie, maar omdat Hy verlang dat ons in heiligheid sal leef en Hom met ons lewens sal eer.

Ons is aangemoedig om sonde vandag te stop, onsself nederig voor God tebring en in gehoorsaamheid te leef, sodat ons Hom kan verheerlik en in die volheid van Sy wil kan wandel.

Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/N7U5msfLEKI

28/04/2026

SONDAGDIENS - 26 April 2026

In hierdie aanddiens het André de Jager gepreek uit Handelinge 20:(17–27) en gefokus op “tension” in bediening.

Die boodskap het ons herinner aan Paulus se voorbeeld hoe hy die Here gedien het met nederigheid te midde van uitdagings en druk. Bediening kom nie sonder spanning nie, maar vra getrouheid en volharding, selfs wanneer dit moeilik raak.

Ons is ook herinner dat daar altyd spanning sal wees óf tussen jou en mense óf tussen jou en God. Die belangrikste is om seker te maak dat dit nooit tussen jou en God is nie.

Ons is aangemoedig om met ’n nederige hart te dien, standvastig te bly en ons lewens beskikbaar te stel vir God se doel en koninkryk.

Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/eo3vk6Tp4qw

Want your place of worship to be the top-listed Place Of Worship in Rustenburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


(Dienste-09: 00
Rustenburg
0300

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Sunday 09:00 - 00:00