Jotha
01/01/2023
Geseënde Sondag en voorspoedige jaar saam met julle geliefdes en rus. ⛪🌸🌻♥️💐🌼🌹
30/06/2022
AS JY NIE KAN SLAAP NIE, SKRYF!
Môre, almal.
So gebeur dit soms dat jy nie kan slaap nie. Miskien hou kommer jou wakker, of jou skrywersbrein wil net nie afsit nie. Storie idees en gedig frases hardloop deur jou gedagtes en jou brein voel soos Grand Central Station.
Gebruik hierdie tyd om te skryf. Almal behalwe jy is in Droomland en dit is stil. Niemand gaan jou kom sê hulle is honger of dors nie, en dit is te vroeg om die stofsuier aan te sit 😊.
Gebruik die tyd produktief, in stede daarvan om net na die plafon te lê en staar.
Mooi dag en lekker skryf. 💻🖋😊
23/06/2022
'FREE WRITING'
Naand, almal.
Wanneer 'n mens se brein gaan vassteek soos 'n steeks donkie, is daar iets wat jy kan probeer: Vrye skryf (Free writing). Vrye skryf druk jou brein om langer, dieper en meer onkonvensioneel te d**k.
Hier is die stappe:
1. Kies 'n skryfopdrag (writing prompt)
2. Hê jou pen en papier, of rekenaar gereed.
3. Stel 'n alarm vir 5, 10 of 20 minute.
4. Skryf so vinnig as wat jy kan. Moenie vir enigiets stop nie. Laat die woorde net vloei vir die volle 5, 10 of 20 minute. Moenie teruglees nie. Moenie enigiets uitvee of spel/tikfoute regmaak nie. Hou aan skryf tot die alarm afgaan.
* Niemand gaan hierdie vrye skryfstuk lees nie. Wat jy geskryf het mag miskien net lei na 'n manuskrip wat jy uiteindelik gaan publiseer.
* Doen hierdie oefening gereeld. As dit nuwe idees skep, skryf die idees neer.
* Gee jouself altyd 'n tydlimiet en stop wanneer die alarm afgaan. Om te weet daar is 'n tydlimiet, hou jou gefokus.
Vrye skryf kan jou help om nuwe assosiasies te maak en om nuwe idees te genereer wat andersins nie na die oppervlak sou borrel nie.
Drie 'writing prompts':
• 'Ek sal daarvan hou om te leer van...'
• 'Weet jy wat sal ek geniet om weer te doen?'
• 'Ek het die deur oopgemaak...'
Mooi aand, lekker skryf en lekker slaap. 🖋💻😊💭
20/06/2022
STEURENDE ELEMENTE
om uit jou skryfproses te haal
Brianne Toma
Môre, almal.
Seëninge vir die week.
Passiewe stem
Aktief: Ek het die koekies geëet.
Passief: Die koekies is deur my geëet.
Indien een karakter bedoel is om die ander te irriteer, kan hierdie een mens in passiewe stem praat. Verder hoort dit nêrens.
Afleidende prosa
Ooruitgebreide besonderhede van die omgewing, karakter beskrywing, lang sinne met baie byvoeglike naamwoorde... Stop dit. Beskrywings is belangrik, maar hou dit kort en laat die leser ook toe om 'die prentjie in te kleur.'
Sinonieme vir 'sê'
As jy bang is jy skryf, '...sê Anna / sê Koos' te veel, óórd**k jy dit. Die gebruik van 'sê' gaan nie die leser se aandag aftrek van wat gesê word nie.
Font
Italics, onderstreep, klomp uitroeptekens agtermekaar... Dit is aandagafleiers. Jy wil mos juis nie hê die leser moet onthou hulle is besig om te lees nie.
Vertel vs Wys
Wys. Moenie vertel nie. Laat die leser eerder emosie sien as lees.
Raak ook ontslae van, 'sy sien' en 'hy hoor', 'knik SY KOP' en hierdie soort klein jakkalsies. Sê net wat sy sien en wat hy hoor. Wat anders is daar aan 'n mens om te knik? 😊
Clichés
Dit is 'n idee, frase of uitdrukking wat, omdat dit wyd gebruik of herhaal is, dus algemene plek geword het. 'n Goeie voorbeeld hiervan waarna jy sommer kan kyk is Hallmark flieks. Kyk so twee of drie na mekaar. Die kanse is nege uit tien dat dieselfde resep gevolg is. D**k buite die boks sover storielyn aangaan.
Lieflike dag en week. Lekker skryf. 🖋💻😊
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Website
Address
Milnerstraat 389 Waterkloof
Pretoria
0181
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 17:00 |
| Tuesday | 08:00 - 17:00 |
| Wednesday | 08:00 - 17:00 |
| Thursday | 08:00 - 17:00 |
| Friday | 08:00 - 17:00 |