Maverix Musiek

Maverix Musiek

Share

Saam Jou 30/03/2026

: Nuwe enkelsnit vir Hugh Lynn

Vandag stel die Afrikaanse sanger en vervaardiger Eugene Nel, beter bekend as Hugh Lynn, die eerste enkelsnit vanaf sy nuwe projek bekend.

Die liedjie, “Saam Jou”, is die begin van ’n reeks vrystellings wat uiteindelik saam ’n volledige album sal vorm.

“Saam Jou” vertel die eenvoudige maar diep menslike storie van twee mense wat saam deur die lewe wil gaan – herinneringe wil bou, die goeie oomblikke wil vasvang, en soms net vir ’n rukkie van die wêreld wil vergeet. Met ’n moderne pop-folk klank en ’n eerlike liriese aanslag skep die liedjie ’n gevoel van nabyheid en warmte wat baie luisteraars onmiddellik sal herken.

Hugh is nie net die stem agter die musiek nie, maar ook ’n ervare vervaardiger wat al jare lank in die Afrikaanse musiekbedryf werk.
Sy passie vir musiek en vakmanskap kom duidelik deur in sy produksie – iets wat sy aanhangers al lank waardeer by sy lewendige optredes en nuwe materiaal.

Die vrystellings sal oor die volgende paar maande in fases gebeur. Ná “Saam Jou” volg nog drie enkelsnitte wat elke twee maande uitgereik word: “Nah Nah Nah”, “Love You Too Much”, en "Daar's Iets Wat Ek Wil Vra", 'n lied geskryf vir sy verloofde om haar te vra om te trou.

Die projek sal uiteindelik afsluit met een nuwe liedjie en 'n cover – “Hemel” en “A Little Respect” (’n nuwe interpretasie van die bekende lied van Erasure) – wat saam met twee van die reeds vrygestelde snitte ’n volledige album sal vorm.

Met hierdie projek bou Hugh Lynn verder aan sy unieke klank: moderne/alternatief Afrikaanse pop-folk met eerlike emosie en melodieë wat bly hang. “Saam Jou” is dus nie net ’n enkelsnit nie, maar die eerste tree van ’n groter musikale reis wat oor die komende maande ontvou.

“Saam Jou” is vanaf vandag op alle groot digitale musiekplatforms beskikbaar.
Kry dit hier: https://ffm.to/hugh-lynn-saam-jou

Artist Village

Saam Jou Listen to Saam Jou

justin Coetzee 16/01/2026

Kunstenaar Fokus / Nuwe Vrystelling

NUWE VRYSTELLING - 16 JANUARIE 2026

MEDIAVERKLARING
Justin Coetzee STEL SY EERSTE ENKELSNIT VRY...

AAN MY SY, die talentvolle sanger Justin Coetzee se eerste enkelsnit, vertel die storie van iemand wat net liefde en aanvaarding soek by ’n spesiale persoon, maar dat die proses nie altyd seepglad verloop nie. Dié voelgoed-sokkie-liedjie met sy pop-aanslag sal aanhangers se voete behoorlik laat jeuk op die dansvloer.

Eugene Nel van Eulen Records en die sanger self was verantwoordelik vir die lirieke van die liedjie en hulle idee was om die boodskap oor te dra dat ’n mens nooit moet ophou droom en werk aan iets nie, want tyd is in God se hande en nie in die mens se eie nie.

“AAN MY SY gaan oor ’n ou wat sy oog het op ’n meisie, maar sy wil niks van hom weet nie,” verklap die sanger oor die betekenis. “Baie van ons verstaan daai uitdaging maar té goed, maar ons moenie dat dit ons onderkry nie!”

Justin glo dat die publiek die liedjie goed gaan ontvang omdat baie mense daarmee sal kan vereenselwig. Daar is selfs al ’n paartjie wat op trou staan in Australië wat angstig wag vir die vrystelling!

Die idee vir die musiekvideo het ontstaan toe die produksiespan na die liedjie geluister het. Professionele mense soos Deon van Wyk en Johan Brummer (Fatman) het ’n mooi storielyn saamgestel oor ’n ou wat ’n meisie se guns probeer wen.

“As ons na moderne verhoudings kyk lyk dit of geld en status die hoofrol speel,” sê Justin oor die hart van die musiekvideo. “Ons het probeer wys dat liefde, saam ’n lewe bou en gelukkig wees die belangrikste faktore behoort te wees vir ’n goeie verhouding.”

Die video is geskiet by die Tarentaal Teater in Rustenburg en het die lig gesien te danke aan Muse Studios, Eulen Records vir die produksie, Muishond Produksie Huis vir die verfilming, Kliphard Records as die hoofborg en Audio Mafia vir al die reëlings en bystand.

Die musiekvideo het vir Justin gewys hoeveel werk daar régtig in so ’n produksie gaan en het hom ’n diep respek gegee vir almal wat al die ure ingesit het, asook vir Audio Mafia en Hans Scheepers vir al hulle harde werk met die logistiek en motivering.

Die 37-jarige sanger is in Germiston gebore en het in Boksburg groot geword, waar hy tans nog woon. Hy is nie getroud nie en het ’n viervoetige Husky-seun, Wolf, wat verslaaf is aan hoenderpote en al meer gewildheid op sy sosiale media verwerf het as hy self.

Sy oupa het hom ’n kwarteeu terug deur middel van ’n oudiomenger aan die musiekbedryf bloot gestel. Justin het gemeen dat musiek vir oumense bedoel was, maar toe sê sy oupa vir hom dat musiek deur hulle are pomp en dat hy binnekort sou belangstelling toon. Twee maande later het hy by sy eerste troue musiek gemaak op die ouderdom van twaalf.

In 2014 het hy by die HOFA Kollege in Karlsdorf, Duitsland, sy graad as klankingenieur verwerf. Hy al 19 jaar in die bedryf, waarvan hy tien jaar lank al as gekwalifiseerde klankingenieur werk en vier jaar lank al ’n sanger ook is.

Oor sy hoogtepunte verklap hy die volgende: “Dit was ’n groot eer om die verhoog te kon deel met groot kunstenaars soos Brendan Peyper, Fatman, Elizma Theron, Gibbon, Dewald Steyn, Juan Boucher en Dirk van der Westhuizen.”

Wanneer dit kom by groot name saam met wie hy nog sal wil werk, is Steve Hofmeyr, Elandré, Dirk van der Westhuizen, Juan Boucher, Franja, Monique Steyn en Elizma Theron hoog op sy lys.

“Ek is ’n 80’s-, 90’s- en hede-baba om so te sê,” sê die sanger oor sy invloede. “Neil Diamond, Bruce Springsteen en Roxette het gehelp om my persoonlike styl te vorm. Ek hou ook baie van pop, rock en country.”

Justin is tans ’n vrywillige brandweerman. Hy fokus ook baie op diere- en wildbewaring en indien hy enigiets anders in die lewe sou kon doen, sou dit iets in hierdie lyn wees.

Sy hart lê ook by die gemeenskap en in sy vrye tyd doen hy wat hy kan om hulp te verleen aan hulpelose mense.

“Wees nederig en dankbaar vir wat jy het,” sê die sanger oor wat hy al in die lewe geleer het. “Dinge gebeur op God se tyd en nie op ons eie nie.”

Van die grootste uitdagings wat hy al moes oorkom, was om voor 50 000 mense te praat en sing. Mense se negatiewe kommentaar en jaloesie is ook iets wat hy moes leer om te hanteer.

Sy planne vir 2026 is om meer musiek vry te stel. Sy bemarkingspan is ook hard aan die werk om seker te maak dat sy loopbaan seepglad verloop.

Justin het al harde klippe gekou in die lewe en dis juis omdat hy ervaring het met moeilike tye dat hy kan nederig bly.

AAN MY SY is ’n refleksie van hierdie nederigheid in ’n verhouding en die sanger hoop dat aanhangers sy hart sal hoor in elke liriek.

Die snit is nou beskikbaar op alle stromingsplatforms. Kry dit hier: https://ffm.to/justin-coetzee-aan-my-sy
Die musiekvideo is nou beskikbaar op YouTube. Kry dit hier: https://www.youtube.com/

VOLG HOM OP SOSIALE MEDIA:
Facebook – https://www.facebook.com/share/16Ke5V4PW3/
Instagram – https://www.instagram.com/justin__coetzee00?igsh=eWZoaXlodWI1N2M0
TikTok – https://www.tiktok.com/?_r=1&_t=ZS-91j40gSsWud
Threads – https://www.threads.com/
YouTube – https://youtube.com/?si=LHdjgzSblwuwVE-v

PR, Verspreiding en Bestuur deur Artist Village Indie Label.

justin Coetzee Share your videos with friends, family, and the world

Bietjie Rus 02/01/2026

Kunstenaar Fokus / Nuwe Vrystelling

Daniel Hoffmann Twee - ALMAL HET ’N BIETJIE RUS NODIG NÁ ’N LANG JAAR OF SOMMER NET N LEKKER WEGBREEK AS DIE LEWE EEN TE VEEL RAAK.

"Bietjie Rus", Daniel Hoffman se splinternuwe enkelsnit, versinnebeeld die gevoel van vakansie en is net betyds is om verligting te bring ná die einde van wat ’n rowwe jaar vir baie mense was.

Dié vrolike en humoristiese Afrikaanse pop-liedjie is geïnspireer deur die sanger se eie ervarings oor die laaste jaar en is deur homself en Eugene Nel van Hugh Lynn Records geskryf, wat ook die vervaardiger was.

Asemhaal en batterye herlaai is nodig, veral deur die drukkende- en besige tyd waarin ons almal tans leef. Die titel reflekteer die behoefte aan ontspanning en om die lewe weer te waardeer. Bietjie Rus is ’n eenvoudige, maar betekenisvolle frase wat mense aanmoedig om ’n blaaskans vir hulself te neem.

“Hierdie liedjie se tydsberekening is perfek,” verklap die talentvolle sanger. “Ek glo dat die publiek dit met ope arms gaan ontvang omdat dit nie net ’n liedjie is nie, maar ook ’n gevoel van vrede en dankbaarheid bring in ’n tyd waar die meeste mense moeg en oorweldig voel. Die humoristiese aanslag gaan ’n bietjie van die spanning wegneem en mense daaraan herinner om te lag en weer die eenvoudige dinge in die lewe te waardeer.”

Bietjie Rus is die vierde enkelsnit wat Daniel vanjaar vrygestel het. Al drie voriges is baie goed ontvang en het vinnig geklim op verskeie trefferparades. Hy glo dat hierdie enkelsnit sal voortbou op die ander se sukses en dat die eenvoudige, maar kragtige boodskap baie aanhangers sal inspireer.

Die talentvolle sanger is in Newcastle gebore en woon tans in Witbank. Hy is al veertien jaar lank aktief in die musiekbedryf en het nog altyd geweet dat musiek sy voltydse passie sou wees: “Toe ek klein was het ek begin sing op Billy Ray Cyrus se musiek en ek het nooit verdere professionele musiekopleiding ontvang nie. Ek het net geweet dis wat ek wou doen met my lewe,” deel hy oor sy musikale agtergrond.

Harde werk is nog altyd ’n belangrike deel van sy loopbaan en hy gee die krediet vir sy sukses aan die Country-legendes soos Billy Forrest, Bobby Angel en John Lindeman, wat die geleentheid aangegryp het om hom te ondersteun en sodoende sy eerste album te help vrystel.

Familie beteken baie vir Daniel, en hy geniet dit om rustig tyd by sy huis deur te bring. Omdat KwaZulu-Natal vir jare lank sy tuiste was, verkies hy nou die bosveld bo die see wanneer hy wil ontspan.
Met jare se ondervinding op sy kerfstok het hy al baie hoogtepunte bereik, insluitend optredes saam met groot name in die musiekbedryf. ’n Spesiale herinnering is sy vertoning saam met sy musiekheld, Steve Hofmeyr, net voor die covid-19-pandemie.

Toekennings is nie vir hom onbekend nie. Hy is in 2011 genomineer vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning, en hy het al vier Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaartoekennings gewen vir die beste volwasse kontemporêre album, beste Southern Rock-album, beste komedie- en beste gospel-album.

Nederigheid is ’n kernwaarde vir Daniel. Hy glo dat geen kunstenaar beter as ’n ander is net omdat hulle meer sukses behaal het nie – elkeen bring iets unieks na die musiekbedryf wat gevier moet word.

Buiten vir musiek is die sanger ook aktief in die media betrokke. Hy bied tans sy eie TV-program, Ouma se Raad, aan wat binnekort beskikbaar sal wees op NET Afrikaans. Die program bevat onderhoude met die oumas in ons land en gaan oor boererate, bygelowe en ouvroustories – ’n baie lekker en insiggewende program wat die ouer generasie sowel as die jonger geslag bymekaar sal bring.

Daniel is die laaste ruk baie besig met vertonings en is opgewonde om weer nuwe musiek vir sy aanhangers te bied. Sy planne vir die res van die jaar, sowel as vir 2026, sluit nuwe vrystellings en meer betrokkenheid by musiektoere in. Daar wink ook twee nuwe duet-projekte met ander kunstenaars en hy glo dat die publiek baie opgewonde sal wees daaroor.

Bietjie Rus is meer as net ’n liedjie – dis ook ’n uitnodiging om te rus en die lewe minder ernstig op te neem vir elkeen wat daarna luister.
Die snit is nou beskikbaar op alle stromingsplatforms. Kry dit hier: https://ffm.to/daniel-hoffmann-bietjie-rus
Die musiekvideo is nou beskikbaar: Kry dit hier:
https://www.youtube.com/watch?v=1Nm0vxXWAC0&list=RD1Nm0vxXWAC0&start_radio=1

Volg hom op sosiale media:
Facebook: https://www.facebook.com/danielhoffmannfanpage?Mibextid=zbwkwl
Instagram: https://www.instagram.com/danielhoffmannsanger?Igsh=ogq5zdc2odk2za==
Tiktok: https://www.tiktok.com/?_t=8ppfskiht0x...

Artist Village

Bietjie Rus Listen to Bietjie Rus

Herfs by Dis Net Frederick 02/01/2026

Kunstenaar Fokus / Nuwe Vrystelling

Dis Net Frederick stel sy nuutste enkelsnit, “Herfs”, vry – ’n warm, diep en emosionele lied wat die sagte, tog intense skuiwe van die menslike hart vasvang.

Herfs het sy oorsprong in 2021 gekry toe Frederick in sy woonstel in Hatfield ingetrek het en een van sy vriende hom gehelp het.
Na die laaste kartonboks neergesit is, het sy vriend hom gevra dat hy hom moet wys hoe ’n mens ’n lied skryf – ten spyte daarvan dat Frederick nog nooit voorheen alleen ’n lied geskryf het nie.

Daardie aand het hy terugged**k aan ’n video van Paul McCartney en sy eenvoudige benadering tot liedjie skryf en dit gevolg.
Die eerste reël, “Somer son, lente blom, beeldskoon soos die bosveld son,” het spontaan uitgestroom – en so is Herfs gebore.

Die lied het egter nog 'n hele tyd geneem om te kom waar hy nou is. Dit het baie persoonlike groei, lewenservaring en verfyning van die lied geneem voordat Herfs volledig gevorm en tot sy reg gekom het.
Herfs is verwerk en opgeneem deur Eugene Nel van Eulen Records, met Nicholas van der Walt (Johnny Blue) op kitaar.

Die lied dra ’n warm, introspektiewe klank – diep, sag, en 'n traan-trekker.

Dit kontrasteer met Frederick se bekende upbeat sokkie styl liedjies wat hy tot dusver uitgebring het.
Die keer staan Dis Net Frederick stil, oop, en eerlik.

Herfs dra die tema van hoop, heling en herkenning en praat met almal wat al moes glimlag terwyl hulle innerlik nog deur ’n storm beweeg het.
’n Musiekvideo vir Herfs word saam met die vrystelling bekendgestel.
Dis Net Frederick is ’n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer wat sy stories met die wêreld deel — reguit, sonder fasade.
Hy skryf en sing oor wat vir hom eg en na aan die hart is. Met Herfs wys hy ’n ander, meer brose kant van homself — een wat verseker die luisteraars se hart-snare gaan roer.

Die enkelsnit is beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit hier: https://distrokid.com/hyperfollow/disnetfrederick/herfs
Die musiekvideo is beskikbaar: Kry dit hier: https://youtu.be/AN3BgAIY8F0

Volg hom op sosiale media:
Facebook: https://www.facebook.com/share/1D7SqEf3wS/?mibextid=wwXIfr
Instagram: https://www.instagram.com/_dis_net_frederick?igsh=YmdlcGxiYW9yajFr&utm_source=qr
Tiktok: https://www.tiktok.com/?_r=1&_t=ZS-91HLdj0qz4c

Artist Village

Herfs by Dis Net Frederick Stream and Save Herfs - Distributed by DistroKid

Want your public figure to be the top-listed Public Figure in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address


1295B Esser Street
Pretoria
0182

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 16:00