Prayers For Diandre Labuschagne

Prayers For Diandre Labuschagne

Share

01/06/2025

Hier is ’n spesiale slideshow van Diandre se lewe — oomblikke wat ons altyd sal onthou. 💙

Die lied wat saam met die foto’s speel, is gesing deur sy neefie, Jayden Kruger. Jayden, ons kan nie genoeg dankie sê vir die liefde waarmee jy die lied gesing het nie. Dit beteken vir ons baie en bring soveel troos.

Dankie dat jy hierdie mooi geskenk vir Diandre en vir ons gemaak het.

01/06/2025

Facebook het ongelukkig die live video van DiandreQ se begrafnis verwyder🥹. Daarom deel ons graag die spesiale oomblikke hier op DiandreQ se blad – sodat ons altyd sy lewe kan onthou. 💙

Eerstens Dr. Magda Verster se ongelooflike spesiale huldeblyk– sy was nie net Diandre se Dr nie maar soos ’n hospitaal-mamma wat 'n groot rol in sy lewe gespeel.

Dankie, Dr. Verster , vir jou liefde en al die jare wat jy saam met ons dié pad gestap het.

25/04/2025

Ons mooiste blou oog seuntjie Diandré se Lewensviering en verassings diens:

Vrydag, 2 Mei 2025 om 10h00

Photos from Prayers For Diandre Labuschagne's post 29/10/2024

Hello almal ons het baie lank terug iets geplaas rakende DiandreQ.. Die lewe is net te besig om by alles uit te kom!

DiandreQ het 'n baie rowwe paar maande agter die rug en is al vir meer as 2 maande vas gevang in sy bed met vreeslike pyn, sy heupie het uit gehak en hy moet 'n groot operasie kry om dit te herstel. Omdat hy heeltyd siek was en al 2 maal opgeneem moes word asgevolg van sy longe was die operasie nog nie moontlik... maar dit gaan beter met sy longe so hy gaan môre teater toe vir die operasie! Ons vra dat almal asb vir hom sal bid sodat alles sal goed gaan en hy vinnig sal herstel!!

Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address


Pretoria