JC Customs Digital Solutions
25/01/2026
JC Customs is op soek na ’n Junior Grafiese Ontwerper
Is jy kreatief, detailgedrewe en passievol oor grafiese ontwerp? Of jy nou reeds werkservaring het, of pas jou loopbaan in ontwerp begin het – ons nooi jou uit om aansoek te doen.
JC Customs bied ’n geleentheid aan ’n junior ontwerper om deel te word van ’n dinamiese span waar praktiese ervaring, groei en ontwikkeling aangemoedig word.
Minimum vereistes:
•’n Kwalifikasie in Grafiese Ontwerp of relevante praktiese werkservaring in grafiese ontwerp
•Indien geen formele ontwerpkwalifikasie nie, sal toepaslike werkservaring en/of ’n sterk portfolio in ag geneem word
•Goeie kennis van CorelDRAW sal ’n voordeel wees
•Afrikaans as moedertaal, met die vermoë om ook vlot in Engels te kommunikeer (geskrewe en mondelings)
•’n Leergierige, veelsydige ingesteldheid en bereidheid om nuwe vaardighede aan te leer
•Vermoë om instruksies te volg, onafhanklik te werk en te weet wanneer om hulp te vra
•Betroubaar, verantwoordelik en met sober gewoontes – integriteit is vir ons belangrik
•Beskikbaar om spoedig te begin
Vergoeding:
Die salaris sal mededingend wees en in ooreenstemming met die kandidaat se vaardighede en ondervinding.
📩 Stuur jou aansoek en, indien beskikbaar, jou portfolio na [email protected]
📍 Of lewer dit persoonlik af by 7 Boshoffstraat, Potchefstroom
🗓 Sluitingsdatum: 6 Februarie 2026
Indien jy nie teen 28 Februarie 2026 van ons hoor nie, beskou jou aansoek asseblief as onsuksesvol.
Sterkte met jou aansoek.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Website
Address
7 Boshoff Stree
Potchefstroom
2531
Opening Hours
| Monday | 09:00 - 17:00 |
| Tuesday | 09:00 - 17:00 |
| Wednesday | 09:00 - 17:00 |
| Thursday | 09:00 - 17:00 |
| Friday | 09:00 - 17:00 |