SAND en SEE 1
02/04/2026
SAND en SEE1 in DANABAAI!!
NOGSTEEDS JOU BESTE WAARDE VIR GELD!
🌿 Pragtige Tuinwoonstel heeljaar beskikbaar vanaf 4 Mei tot 6 Okt
15 Okt tot 16 Nov🌊
Ontsnap na rustigheid in hierdie volledig toegeruste 2-slaapkamer tuinwoonstel geleë in die gewilde bewaararea van Danabaai. Omring deur natuur, waar bokkies, tarentale en skilpaaie gereeld gesien word, bied hierdie woning ’n unieke leefervaring.
✨ Kenmerke sluit in:
2 Ruim slaapkamers (slaap 4 vol 1 kind) met 2 koningingrootte beddens en enkel bed
Volledige badkamer
Volledig toegeruste kombuis(airfrier)
Oopplan leefarea met toegang tot privaat tuin
Wi-Fi en volle DStv ingesluit
Braai-area
Veilige parkering vir 1 voertuig agter gemotoriseerde hek
Rustige en veilige omgewing
🌿 Geniet staproetes soos die bekende St Blaize-roete, asemrowende see-uitsigte en die nabyheid van 21 ongerepte strande.
Perfek vir vakansieverblyf – waar gerief, natuur en ontspanning bymekaarkom.
Nie rook binnenshuis
Nie dierevriendelik nie
📞 Skakel of WhatsApp:
Hendrik Botha – 083 231 8487
📍 Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
‼️Neem asb kennis‼️
• Deposito verseker jou datums! Geen betaling geen bespreking⛔️
• ons het pensioenaris tariewe sekere datums en sekere plekke alhoewel die onkostes dieselfde bly(as jou begroting dit nie toelaat nie neem n goedkoper plek) daar is verskeie plekke beskikbaar in verskeie prysklasse
• moenie ‘n bespreking maak as jy weet jy gaan nie die datums vat nie, dit mors my tyd en ek wys onnodig ander potensieële gaste weg!!!!
• wanneer jy navraag doen, noem asb die aantal mense en die verlangde datums - dit maak die terugvoer proses net makliker
•maak seker van aantal persone as jy bespreek want as jy later mense byvoeg gaan daar ekstra kostes wees en as n plek se soveel persone dan beteken presies dit
• as dit se geen troeteldiere toegelaat Nie beteken dit presies dit en dan is dit nie geskik vir troeteldiere nie
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the museum
Telephone
Website
Address
303A Floraweg Dana Bay
Mosselbaai
6510