Ignite & Revive Kroonstad

Ignite & Revive Kroonstad

Share

Photos from Ignite & Revive Kroonstad's post 29/05/2026

πŸ“ DANKIE CC CHICKENS - EN ALMAL WAT HAND BYGESIT HET!

Nog 600 sakke SUPER PATCH asphalt het vandag in Kroonstad aangekom – en wat ’n spanpoging was dit nie!

’n Groot dankie aan Warren Luyt en die span van CC Chickens vir julle voortdurende ondersteuning van ons gemeenskap. Julle bereidwilligheid om te help maak ’n werklike verskil. πŸ™

’n Spesiale woord van waardering aan Lee Marais van Team Ignite & Revive wat alles gereΓ«l het met CC Chickens - Dankie Albie, Danie, Hein-marie en natuurlik aan Betsie, wat die vrag met die forklift soos ’n ware kampioen afgelaai het! 🚜πŸ’ͺ Dit was die vinnigste wat ons nog ooit Ε„ vrag asphalt afgelaai het.

Dankie ook aan die manne van Huis Eden wat kom hand bysit het. Julle harde werk, positiewe gesindheid en bereidwilligheid om te dien word opreg waardeer.

En ’n besondere dankie aan Uli de Barros, wat ons weer toelaat om die asphalt by sy pakhuis te stoor. Sulke ondersteuning agter die skerms maak hierdie projek moontlik.

πŸ“ˆ In die afgelope 27 maande het inwoners van Kroonstad ongeveer 5 600 sakke asphalt gekoop om die One Pothole@aTime-projek te ondersteun.

Ons boodskap bly eenvoudig:

πŸ‘‰ Maak die g*t voor jou huis of besigheid reg.

πŸ’° Nuwe prys: R75 per sak
πŸ“ Betaal by The Interior Shop
πŸ“¦ Laai op by Uli de Barros se Warehouse

Dit is wat gebeur wanneer gewone mense besluit om nie net te kla nie, hande te vat en te bou.

Saam maak ons ’n verskil.
Saam red ons ons dorp.Saam red ons Ε„ Land.

πŸ™βœοΈπŸ™ŒπŸ†πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸ‘‘πŸ™





πŸ‡ΏπŸ‡¦

Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization in Kroonstad?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


130 Cross Street
Kroonstad
9499