Laerskool Hermanus Primary
10/07/2026
06/07/2026
Welgedaan aan Zanli Faure met haar deelname aan die IPT Nasionale Hokkietoernooi!
Zanli het Boland met trots verteenwoordig tydens die toernooi, waar sy teen van die beste jong hokkiespelers in Suid-Afrika meegeding het.
Boland het ’n uitstekende 8ste plek uit 16 spanne behaal – ’n besondere prestasie op nasionale vlak.
Ons is trots op Zanli se harde werk, toewyding en die wyse waarop sy Laerskool Hermanus Primary op die hokkieveld verteenwoordig. Mag hierdie ervaring die begin wees van nog vele hoogtepunte op haar hokkiepad.
03/07/2026
Welgedaan aan Juffrou Zenobia Venter en Anlia Sprong met hul uitstekende prestasies tydens die SA Skole Netbaltoernooi in Johannesburg die afgelope week!
Juffrou Zenobia se span het 5de uit 23 spanne geëindig en slegs een wedstryd in die uitspeelrondte met een doel afgestaan.
Anlia se span het 7de uit 23 spanne geëindig en net twee wedstryde deur die toernooi verloor.
Julle het die Wes-Kaap en Laerskool Hermanus Primary met trots verteenwoordig. Ons is trots op hierdie besondere prestasie!
03/07/2026
Baie geluk aan ons Laerskool Hermanus Primary hokkiespelers met hul uitstekende prestasies tydens die Boland Streekstoernooi in Paarl!
Emma Smal het die Shiraz-span verteenwoordig, terwyl Iza Albrecht, Khulun Jeptha en Ancke van Uitzel vir die Pinotage-span uitgedraf het.
Die Pinotage-span het uitstekend gevaar en die bronsmedalje verower nadat hulle slegs deur twee WP-spanne geklop is.
Baie geluk aan al vier spelers met hierdie besondere prestasie. Julle harde werk, toewyding en passie vir hokkie maak die hele LHP-familie trots!
01/07/2026
Vegetable Garden | Grade 7
Our Grade 7 learners have been hard at work transforming a small corner outside the school hall into a thriving vegetable and herb garden under the guidance of Mrs Agnesse.
After weeks of planting and caring for their garden, it was finally time to harvest some of their fresh radishes. To celebrate, Mrs Agnesse prepared a delicious Greek yoghurt herb salad using the freshly picked radishes, peppermint and lemon zest from the garden.
From planting seeds to enjoying the harvest, this project is teaching our learners valuable lessons about sustainability, healthy eating and the rewards of patience and teamwork.
SA All Ages Netbaltoernooi : WP jou lekker ding!! Ons het vir Juffrou Zenobia sommer maklik raakgesien, maar sukkel om vir Anlia uit te ken, sy smelt darem té goed in by die blou span! Laat weet gerus as julle haar raaksien. ;) Wat 'n fees!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the school
Telephone
Address
Dirkie Uys Street
Hermanus
7200