Loskop Rugbyklub

Loskop Rugbyklub

Share

07/11/2024

KENNISGEWING!
Alle ingeskrewe, opbetaalde lede, hiermee word u in kennis gestel van Loskop Rugbyklub se Algemene Jaarvergadering soos bepaal deur die Grondwet van die Klub.
Datum:
Vrydag 22 November 2024;
Plek:
Loskop Rugbyklub; en
Tyd
17:00.

Photos from Loskop Rugbyklub's post 12/10/2024

Uitslag!!!
Wat 'n dag, wat 'n wedstryd!! Blou Bulle President, Willem Stauss en Visie President Henrie van Aswegen het saam met die Vallei se ondersteuners op Chris Wiïd Stadion se paviljoen gesit. Dit was warm op die veld en dit was warm in die son. Die kraaie het gegaap. Beide spanne het geveg en die manne het hulle harte uitgespeel. Limpopo Blou Bulle Platteland Suid het breë bors van die veld afgestap - as die wenners!!!
Dankie Manne julle het Waterberg, Suidstreek en Limpopo Platteland op die "map" gesit. Dit was mooi en dit was goed.
Baie geluk Jannie en jou span. Dit wat julle gedoen het, het julle goed gedoen en dit het gewerk .

Photos from Loskop Rugbyklub's post 10/10/2024

RUGBY, RUGBY, GROOT RUGBY!
Saterdag 12 Oktober 2024 is Loskop Rugbyklub gasheer vir die provinsiale wedstryd tussen Limpopo Blou Bulle Platteland Suid en Blou Bulle Platteland Tshwane .
Vyf van Loskop se Ysters is in die Limpopo span.

Kom ondersteun ons manne, ons streek en ons provinsie.
Kom een, kom twee, kom almal!!

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Groblersdal?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address


Chris Wiidstraat 488
Groblersdal
0470

Opening Hours

Tuesday 18:30 - 00:00
Thursday 18:30 - 00:00
Friday 17:30 - 00:00
Saturday 15:00 - 02:00