Didasko Bybelskool
22/11/2025
JONATHAN SE BESOEK
‘n Heerlike, vroeg-Saterdagoggend koffie met oud- en (potensieel) nuwe studente.
Jonathan Prins (langs my op die foto) was in die dae voor COVID ‘n student by die Bybelskool – die hele 5 jaar program. Hy is steeds aktief betrokke by sy gemeenskap op die plaas. Hy doen gereeld uitreike tot ver in die Klein-Karoo.
Maar hy wil ook hê dat sy mense meer moet leer van die Bybel. So kom stel hy vanoggend twee (potenseel) nuwe studente voor. Dit is die egpaar Ivadine en Jacobus Godfrey. En of hulle ook die aanlyn-besigheid sal verstaan. My troos vir hulle was: “As ek dit kon regkry, kan enige ander mens dit regkry!”
Hierdie ontmoetings is so belangrik omdat die aanlyn-aanbieding die student maklik “afgesny” kan voel van ander studente, veral omdat die aanlyn-Bybelskool student trek van letterlik oor die hele wêreld.
Die komende week is die laaste lesings by die Bybelskool vir die jaar (Almal d**k nou net Kersfees, sien?) Maar nou wil jy ‘n aantekening maak van die begindatum vir 2026 – die week na die skole geopen het (Want dan d**k almal net oortrek van boeke, sien?).
Vir ‘n volledige inligtingspakkie: [email protected]
Die Didasko aanlyn-Bybelskool: Tuis in jou eie huis, oral waar jy is.
12/01/2025
Die Didasko aanlyn-Bybelskool lewer sy eerste lesings van die jaar op Dinsdag 21 Januarie 2025 - dis volgende week!
Bespreek jou plek vandag nog!
Kry 'n inligtingspakkie by:
* WhatsApp: 083 338 0389
** e-pos: [email protected]
05/01/2025
Die Didasko-Aanlyn Bybelskool open op Maandag 21 Januarie 2025 sy deure. Dis gerieflik in jou eie huis en in Afrikaans.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Telephone
Website
Address
Aanlyn-Bybelskool, Gesetel In George, Wes-Kaap, Suid-Afrika
George
6529
Opening Hours
| Monday | 19:00 - 21:30 |
| Tuesday | 19:00 - 21:30 |
| Wednesday | 19:00 - 21:30 |
| Thursday | 09:00 - 11:30 |
| 19:00 - 21:30 |