LGS Klein-Loeries
19/06/2026
๐๐ Graad R Markdag ๐๐
Ons Graad R-maatjies het groot pret gehad tydens ons Markdag! Hulle het geleer oor koop en verkoop, geld gebruik en saam speel terwyl hulle nuwe vaardighede ontwikkel het. Ons is baie trots op elke maatjie! ๐โค๏ธ
.
๐โจ Hierdie week het ons Graad R-maatjies die wonderlike wรชreld van lees ontdek! Ons het saam stories geniet, prente "gelees", klanke herken en geleer hoe boeke ons na nuwe avonture kan neem. Dit is so lekker om te sien hoe 'n liefde vir lees elke dag groei. ๐โค๏ธ
08/06/2026
๐ฆ๐ฟGraad RR bied aan: WILDtuin Dans 2026๐ฟ๐ฆ
Trek jou safari-uitrusting aan, gryp jou dansmaat en kom geniet 'n aand vol pret, musiek en onvergeetlike herinneringe! โจ๐๐บ
๐ Datum: 1 Augustus 2026
๐ Tyd: 18:00 โ 00:00
๐ Plek: Love & Grace Family Farm
๐๏ธ Koste: R150 per persoon
๐ฅช Bring jou eie kosmandjie en drinkgoed saam.
๐ Moenie vergeet om 'n geldjie vir โn lootjie saam te bring nie โ daar is wonderlike pryse om te wen!
๐ Bespreek jou kaartjies by:
Liezel Snyman โ 083 663 6633
โจ Ons sien uit daarna om saam met julle die dansvloer wild te maak!๐ค๐๐ฟ๐ฆ๐ฆ๐๐
29/05/2026
Hierdie week het ons Graad R-maatjies alles oor voรซls geleer. ๐ฆ
Ons ontdek die wonderlike wรชreld van vere, neste, eiers en hoe verskillende voรซls leef en vlieg. Die maats geniet dit baie om nuwe dinge te leer en saam te ontdek! ๐ฟโจ
28/05/2026
๐๐ฅฆ Gesonde kos is hierdie week se tema in Gr. RR!
Ons maatjies ontdek op โn prettige manier meer oor vrugte, groente en ander kosse wat ons help groei en sterk bly. Deur speel, stories, kunswerkies en geselsies leer ons sommer elke dag iets nuuts. ๐โจ
22/05/2026
๐พ๐Ons het hierdie week alles oor plaasdiere geleer en vandag was daar sommer โn hele plaas vol Gr. RR maatjies by die skool! ๐ท๐ฎ๐
22/05/2026
๐๐ Ons leer oor die see! ๐
Ons Graad R-maatjies het hierdie week die wonderlike wรชreld van die see ontdek. Met stories, kuns en speel het ons meer geleer oor seediere en die belangrikheid van ons oseane.
๐ Klein ontdekkers, groot avonture!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the school
Telephone
Address
H/V Palgrave/Kasteelstraat (Tuinedal Gemeente)
George
6529
Opening Hours
| Monday | 07:30 - 14:15 |
| Tuesday | 07:30 - 14:15 |
| Wednesday | 07:30 - 14:15 |
| Thursday | 07:30 - 14:15 |
| Friday | 07:30 - 14:15 |