Real Life Roxie

Real Life Roxie

Share

Photos from Real Life Roxie's post 01/03/2025

As lelik lag ‘n siekte was…

Photos from Real Life Roxie's post 03/02/2025

Falling asleep to the sound of the waves and waking up to endless ocean views—this Captain’s Cottage in Keurbooms is pure bliss. Soft linens, fresh sea air, and the perfect escape from the everyday.

Photos from Real Life Roxie's post 01/02/2025

Vanaand braai ons by Stefan se huis in Hoekwil.

Vir braai: Daar was baie elemente op die vuur en Stefan se braaisout, kole toe, het alles mooi deurgetrek. Toe Stefan se pa vra hoe ons, ons vleis geniet, wou ek amper huil van blydskap, want myne moet nog klop en Nikki s’n moet in ‘n kunsprojek gebruik kan word vir houtskool. Die feit dat ons vir onsself kon opskep was ‘n pluspunt, want hoe sou hulle kon raai hoe baie aartappelslaai ek wou hê? Hulle was ten alle tye in beheer van die kole en hulle het nie met gas gebraai nie. Daarom gee ons vir hulle ‘n 5.

Vir smaak: Stefan se eie sousie het alles perfek afgerond en die aartappels was ook op die vuur gemaak. Stefan se ma het self die deeg van die roosterkoeke geknie en dit kon mens proe. Die soet gereg was nie te soet nie en dit was ook nie op die tafel neergesit terwyl ons geëet het nie. Die koeksisters was ook op die vuur gemaak en hulle het tuisgemaakte roomys daarmee bedien. Daarom gee ons vir hulle vir smaak ‘n vyf.

Vir onthaal: Ons het onmiddellik welkom gevoel en ons het gekuier asof ons mekaar al lankal ken. Toe ons by die deur instap het ons dadelik ‘n verwelkomingsdrankie gekry en sommer dadelik die speletjie, ching chong cha, gespeel wat die ys gebreek het. Dis definitief’n speletjie wat ons weer gaan speel, want dit was so lekker en ons het heeltyd gewen. Hulle het ons nooit alleen gelos nie en hulle het gesorg dat ons glasies permanent vol is. Selfs toe die tyd min raak het hulle nogsteeds vriendelik met mekaar gepraat. Die tema het mooi reflekteer op die tafel en daarom gee ons vir hulle ‘n vyf.

Ek voel hulle is beslis kompetisie vir ons, want ons kan eintlik geen elemente gaar maak op die vuur nie. Dankie Van Wyks vir ‘n heerlike braai!!!

Want your business to be the top-listed Food & Beverage Service in George?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Address


George
6529