ACVV Huis Najaar

ACVV Huis Najaar

Share

12/05/2021

Baie dankie vir al ons verpleegpersoneel en versorgers. Gelukkige Verpleegters dag vir julle almal.

22/04/2021

DRINGENDE OP SOEK NA FAKTOTUM
Salaris onderhandelbaar
Moet bereid wees om op bystand te wees.
Moet beskik oor PrDP
SAPS klaringsertifikaat
CV aan Die Voorsitter
Epos: [email protected]
Of faks: 0419335430
Sluitingsdatum: 27.4.2021
Geen antwoord binne twee weke na sluitingsdatum beteken dat die aansoek onsuksesvol was.

07/12/2020

Huis Najaar wil graag vir die inwoners 'n lekker Kersete op Kersdag gee, maar aangesien dit op die stadium moeilik gaan finansieel met die ouetehuis as gevolg van die lockdown waar ons nie fondsinsamelings kon gedoen het nie wil ons graag verneem of daar dalk mense daar buite is wat kan help met bestanddele vir die ete. Ons benodig die volgende bestanddele vir die Kersete: 2 Dosyn Eiers, 2,5 kg Suiker, 2 boksies gelatien, 1 blikkie mosterdpoeier, 1 botteltjie borrie, 6 x 250 ml Room, 1 bottel wit asyn, 3 bottels mayonnaise, 6 x 125 ml smooth geroomde maaskaas, 3 blikkies kondensmelk, 5 kg Beet, 12 ronde Sponskoeke, 1 Bottel Sherry, 2 x 500 gr Rooi Jellie, 2 x 500 gr Oranje jellie, 2 x 500 gr Groen Jellie, 6 x 1 liter Vla, 1 Groot pak neute vir trifle, 10 x 350 ml orley whipp room, Gammon vir 100 mense, Skaapboud vir 100 mense, Servette vir 100 mense. Indien daar mense is wat kan help met enige van die bogenoemde bydraes skakel asb. Mev. Van Heerden op 0419335142

11/11/2020

More almal. As gevolg van die lockdown en omdat Huis Najaar geen fondsinsamelings kon doen nie, trek ons ook finansieël swaar op die oomblik. 'n Paar inwoners is ook oorlede of uit tehuis uit tydens die lockdown wat veroorsaak het dat ons losiesgelde ook minder is. Ons subsidies is ook nie inbetaal soos dit moes nie. Ons wil dus op die wat kan of wil daar buite 'n beroep doen om 'n donasie aan ons te maak. Indien u 'n kontant donasie wil maak kan u dit direk in ons bankrekening inbetaal ACVV Huis Najaar, ABSA tjekrekening 3280141371 en die verwysing net as donasie met u voorletter en van sit of anoniem as u nie naam wil gee nie. (As ons bv. 1000 mense kan kry wat op 'n maandelikse basis net R50 of R100 kan gee dan is dit klaar tussen R50 000 tot R100 000 wat ons kan inkry om ons tekorte te dek. Kom ons kyk as daar enige iemand daar buite is wat dalk Huis Najaar hier kan help.)

Want your practice to be the top-listed Clinic in Despatch?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address


Despatch
6220