Die Landbougesprek

Die Landbougesprek

Share

21/07/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

Het jy geweet Suid-Afrika bied vanjaar vir die eerste keer die Dohne-Merino Wêreldkongres aan? Dit vind laat in Oktober in die Wes-Kaap plaas en Jacobus le Roux van BKB vertel ons meer.

Wikus Bekker van Crux Dohnes in die Edenburg-distrik deel sy opgewondenheid oor dié kongres, maar vertel ook wat op aanbod is tydens hul veiling van 30 Julie.

‘n Paneelbespreking by die jaarkongres van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Veekunde, het gefokus op die samewerking tussen veekundiges en veeartse. Ons kry terugvoer van onder andere die bekende veearts, dr Danie Odendaal, asook prof Esté van Marlé-Köster van die Universiteit van Pretoria.

Klik op die skakel in die komentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

Dohne Merino BKB All-in-One Crux Dohnes Merino University of Pretoria

09/07/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

Waarom is ‘n unieke oorplaatjie vir ‘n dier so belangrik, wat maak dit uniek en wat gebeur daarmee wanneer daardie dier verkoop word? Rachelle Cloete van GMP Basic beantwoord ‘n paar vrae oor dié belangrike onderwerp.

Ons gesels ook met Arthur de Villiers van AG Bonsmara in die Vrede-distrik oor hulle praktiese boeredag wat op 14 Augustus gehou word.

Chris Derksen is terug met nuus oor die week se vleispryse en Johan van der Berg gesels weersake.

Klik op die skakel in die komentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

AG Bonsmara

Want your business to be the top-listed Media Company in Centurion?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Address


Centurion
0157