Ons Winkel - Helpende Hand
01/07/2026
[𝗡𝗨𝗪𝗘 𝗪𝗜𝗡𝗞𝗘𝗟] Welkom Ons Winkel Plettenbergbaai!
Baie geluk aan Gishla met die opening van die netjiese winkel. Mag die winkel ‘n groot verskil maak in die Plettenbergbaai gemeenskap.
Met alles wat jy hier koop, word dit weer vir ’n goeie doel aangewend om ’n verskil in die gemeenskap te maak.
Hierdie Solidariteit Helpende Hand Ons Winkel poog om maatskaplike dienste te bevorder, studiefondse te skep vir behoeftige studente en projekte te loots om die gemeenskap te bemagtig.
Ons moedig inwoners van Plettenbergbaai area aan om enigiets wat by hul huise in die pad staan vir ons te skenk. Enige items van goeie gehalte kan by die Ons Winkel afgegee word – van meubels, oudhede, kombuisware, beddegoed, gordyne, speelgoed, klere, skoene en sporttoerusting tot elektrieseware of enige iets anders.
Kontak Gishla: 066 301 4225
Skenkings van die gemeenskap en omliggende areas is altyd welkom.
Besoek hulle by, Atmar Sentrum, Hoofstraat, Kloofstraat, Plettenbergbaai, Wes-Kaap, 6600
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Solidariteit Helpende Hand - Wes-Kaap Streek
Ons Winkel Plettenbergbaai
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the organization
Telephone
Address
Southdowns Ridge Office Park
Centurion
0157