Van Riebeeckstrand Primary School

Van Riebeeckstrand Primary School

Share

10/07/2026

VERJAARSDAGWENSE

Vandag stuur ons spesiale verjaarsdagwense aan juffrou Bennie!

As ons LO-onderwyseres en netbalafrigter staan jy bekend vir jou hoë standaarde, dissipline en die vermoë om leerders altyd aan te moedig om hul beste te gee.

Jy kan soms streng wees wanneer dit nodig is, maar dit is juis omdat jy omgee en die beste vir elke leerder wil hê. Daarom het die leerders jou so lief en waardeer hulle die belangstelling wat jy in hulle ontwikkeling toon.

Dankie vir die passie, toewyding en energie waarmee jy elke dag ’n verskil maak. Of dit nou op die sportveld of in die klaskamer is, jou invloed strek veel verder as net die lesse wat jy aanbied.

Mag jou nuwe lewensjaar gevul wees met vreugde, goeie gesondheid, seëninge en vele mooi herinneringe.

Geniet jou spesiale dag!

27/06/2026

INTERNASIONALE AKROBATIESE DANS EKSAMEN PRESTASIE

Shay-Leigh Hattingh het op 8 Mei deelgeneem aan die Internasionale Akrobatiese Dans Eksamen en het met onderskeiding geslaag, waarvoor sy 'n sertifikaat en medalje ontvang het.

Baie geluk Shay-Leigh – 'n uitmuntende prestasie wat jou talent, toewyding en harde werk weerspieël.

Want your school to be the top-listed School/college in Cape Town?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Address


Dromedaris Street
Cape Town
7441