APPEL
VOLGENDE OP DIE APPELKAS 🎙️
As 60% van openbare skoolhoofde oorweeg om die beroep te verlaat… wat sê dit oor die toestand van ons onderwys?
Wat doen sterk skole anders? Wat breek ’n skool? En hoe bou jy een wat oor dekades kinders suksesvol vorm?
Ek gesels met Mev. Marna Jordaan van die Governing Body Foundation en Mnr. Peregrine Joynt, hoof van Affies, oor die uitdagings, oplossings en hoekom daar steeds hoop is vir Suid-Afrika se skole.
’n Gesprek wat elke ouer, onderwyser en Suid-Afrikaner behoort te hoor.
fans
05/07/2026
Gisteraand se konsert was werklik ongelooflik.
Innibos is een van daardie plekke waar ’n mens weer besef hoe groot musiek kan wees wanneer mense saam droom, saam werk en saam glo. Van die eerste lig wat aangaan tot die laaste noot wat wegsterf, is daar soveel hande, harte en ure agter ’n produksie soos hierdie.
Dankie aan die hele Innibos-span vir julle geloof in musiek, in kunstenaars en in die mense wat jaar ná jaar daar opdaag. Oom Andy Lubbe en Murray, dankie dat julle nog altyd ruimte gemaak het vir drome om groter te word.
Dankie aan die ongelooflike produksiespan, die musikante wat ons begelei het, die dansers en elke enkele siel wat hierdie produksie aanmekaar geslaan het. Mens sien dalk die verhoog, die ligte en die oomblik, maar agter dit is daar mense wat alles gee sodat ander kan beleef.
En dan die belangrikste: dankie aan elke mens wat ’n kaartjie gekoop het, opgedaag het, saamgesing het en die aand moontlik gemaak het. Sonder julle is daar geen verhoog, geen gees, geen storie nie.
Daar is genade in sulke oomblikke. Genadewater. Daardie herinnering dat iets groter as ons besig is wanneer mense bymekaar kom en ’n aand verander in iets wat lank in harte bly.
Hou aan groot droom tot dit jou bang maak. Soms is daardie groot droom nie net ambisie nie. Soms is dit genade wat roep.
fans
Kan jy raai wie dans so lekker hier op die video?
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the hotel
Telephone
Address
Brits