Brits Rugby Club

Brits Rugby Club

Share

19/06/2026

๐Ÿ‰๐Ÿ” 'n Groot Dankie aan Wimpy Brits Mall! ๐Ÿ”๐Ÿ‰

Brits Rugby wil graag ons opregte dank uitspreek aan Wimpy Brits Mall vir hul voortdurende ondersteuning van ons klub deur weekliks die Man van die Wedstryd-geskenkbewyse te borg.

Julle bydrae help ons om die spelers te beloon wat elke week alles opoffer, hard werk en hul beste op die veld gee. Hierdie erkenning motiveer nie net ons spelers nie, maar versterk ook die waardes waarop Brits Rugby gebou is โ€“ toewyding, spanwerk en trots.

Dankie dat julle in plaaslike rugby belรช en deel vorm van ons rugbyfamilie. Ons waardeer julle ondersteuning opreg en sien uit na nog vele suksesvolle seisoene saam.

๐Ÿ’ช๐Ÿ‰ Van almal by Brits Rugby โ€“ baie dankie Wimpy Brits Mall!

๐Ÿ”๐Ÿ†๐Ÿ‰

Photos from Brits Rugby Club's post 16/06/2026

Brits Rugby Klub stel met trots die Brits Jeug Rugby Klub bekend! ๐Ÿ‰๐Ÿ”ตโšช๐Ÿ”ด

Op Saterdag 20 en 27 Junie by Laerskool Brits, vanaf 09:30 tot 11:30, kry jou Rugga die geleentheid om saam met maatjies van ander skole die veld te vat en deel te word van Brits Rugby Klub se Jeug Klub.

Die registrasiefooi beloop:
๐Ÿ”น O/9 โ€“ O/11: R650
๐Ÿ”น O/12 โ€“ O/13: R730

Hierdie klinieke bied โ€™n uitstekende geleentheid vir jong spelers om hul vaardighede op te skerp, nuwe maatjies te ontmoet en ook kennis te maak met die afrigters.

Op die 2 Saterdae sal ons die Ruggas registreer vir die opkomende liga wat vanaf Julie plaasvind.

Ons nooi alle Mammas en Pappas uit om saam met ons die dag te kom geniet. โ˜€๏ธ

Indien jy as borg betrokke wil raak by hierdie geleentheid, is jy ook meer as welkom om die dag saam met ons te kom geniet.

Sluit aan en word deel van die dorp se toekoms!

15/06/2026

๐Ÿ‰ MANNE VAN DIE WEDSTRYD ๐Ÿ‰

Brits Rugby Klub se manne het die naweek teen Westelikes Rugby Klub weer met hart, trots en karakter gespeel. Elke span het spelers gehad wat voor gestaan het en die voorbeeld op die veld gestel het.

๐Ÿ”ฅ 1ste Span โ€“ Jacques Flemming
๐Ÿ”ฅ 2de Span โ€“ Shawn Rheeders
๐Ÿ”ฅ 3de Span โ€“ Ben Blignaut

Baie geluk manne, julle harde werk, opoffering en commitment wys presies waarvoor hierdie klub staan.

โ€™n Groot dankie aan Wimpy Brits Mall vir julle ondersteuning aan Brits Rugby Klub en ons spelers.

One Team. One Club. One Family.

๐Ÿ‰๐Ÿ”ฅ

08/06/2026
Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Brits?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address


R511 Brits Sports Grounds
Brits