Results Based Training

Results Based Training

Share

13/09/2021

HOE OM TE WEN WANNEER U VERLOOR !!
deur Sabina Foisor (Vertaal deur Riaan Britz)

As u een daardie persone, is wat verwag dat hierdie artikel op ʼn wonderbaarlike manier u kan leer hoe om die gebeure van ʼn verloor in glorie te verander, is dit jammer dat ek u moet teleurstel. So ʼn wonderkuur kon ek nog nie vind nie. Ek probeer egter na elke spel wat gespeel word, om die spel in my guns te verander, en ek vertrou dat u dieselfde wil doen! Hierdie artikel is bedoel om die belangrikheid van verloor, te beklemtoon om as skaakspeler te groei as speler en mens. Wat ʼn lekker onderwerp! Huh? Verloor? Onthou egter dat verandering en verbeterings, soos enige ander kognitiewe (logiese) aktiwiteit, nie plaasvind sonder ʼn stap-vir-stap leerproses nie.

As ywerige skaakspelers wil ons almal konsekwent verbeter tog word elke verloor (spel) as ʼn slegte uitkoms beskou, wat ons vordering in die gemoed en belewing sal belemmer. Ek deel graag ʼn aantal wenke wat ek geleer het, tydens my lang reis as skaakspeler. Om mee te begin, wil ek noem dat skaak, net soos die lewe, as ʼn reis van vreugde onderneem moet word deur voortdurende lesse. Ons moet vir ons strafste opponent kan sê: ‘Jy het mooi gespeel’. Selfs om te wen, is nie altyd genoeg om voldoende dryfkrag te gee om te verbeter nie.

1. Wees oop om te verloor!
Die eerste wenk om ʼn beter skaakspeler te word, is om te aanvaar dat, ongeag die resultaat, altyd ʼn geleentheid is om iets te leer uit die spel. Ongelukkig het ons nie altyd die regte benadering hiertoe nie. As ons wen, probeer ons meer leer uit die 'meesterstuk', terwyl ons na ʼn spel wat verloor is kyk, as ʼn marteling. Om te wen moet ons dit omkeer! Aanvaar dus dat verloor deel van die spel is en neem dit as sodanig!

2. Vra om u spel met u teenstander te ontleed, tensy hulle dit nie wil hê nie!
Dit is altyd ʼn moeilike taak vir meeste van ons om te doen, as ons ʼn spel verloor het. Gewoonlik kom woede en frustrasie by ons op, en in plaas daarvan om op die voordeel van die toekoms te fokus, bly ons stilstaan by ons verlede en sien ons nie die hede raak nie. My voorstel is om u teenstander vriendelik te vra om die spel saam met u te ontleed. Die deel van Kennis kan vir beide spelers voordelig wees, aangesien dit die beste van julle albei kan uitbeeld. Elke speler is anders en waarskynlik weet andere iets wat jy nie weet nie, ongeag die resultaat van die spel. Dit lyk miskien nie na veel nie, maar as u deur die spel gaan, kan u ten minste ʼn idee kry van waar u ʼn fout begaan het.

3. Ontleed u spel op u eie en/of met u afrigter
In vandag se rekenaar era waar ons leef, is dit maklik om die spel in ʼn Skaak-enjin in te voer en dit kan vir u aantoon waar dinge verkeerd gegaan het. Dit is gerieflik, maar dit ontneem u van ʼn leer geleentheid omdat u nie self na die spel kyk om u foute te soek nie. Wanneer u speel, is hierdie skaak-enjin nooit beskikbaar om aan u die besteskuif in die posisie te gee nie. Dit kan aanvanklik moeilik en onsmaakvol wees om self te ontleed, daarom word dit sterk aanbeveel om advies van u afrigter te kry. Maar doen dit op u eie voordat u die hulp van ʼn enjin 'versoek'. Gestel u teenstander wou nie saam met u die wedstryd oorweeg nie, en u het nie ʼn afrigter nie. Hoe moet u agterkom waar u verkeerd geloop het? My raad is soos volg:
a. Speel deur die spel tot aan die einde en van die eindposisie af terug.
b. Gaan skuif vir skuif terug. Behandel die posisie asof dit die eerste keer is dat u dit sien.
c. Evalueer die posisie by elke beweging (hierdie taak is ʼn vervelige taak en baie tydrowend, maar u moet u oordeel verbeter).
d. Soek dreigemente en verdedigings vir die posisies. Daardeur mag u self besef waar u foute gemaak het.

4. Voer u spele op u rekenaar in en maak ʼn goeie databasis!
As u ernstig is om ʼn beter skaakspeler te word, moet u ʼn plek hê om u speletjies te stoor waar u aantekeninge en ander lyne kan byvoeg. Ek beveel aan dat u in ʼn program belê, maar as u dit nie kan doen nie, is daar programme wat u toelaat om dit te doen. Dit is belangrik om altyd terug te kan gaan en na u speletjies te kyk. Dit is ook ʼn goeie manier om te besef of u werklik mettertyd verbeter het.

5. Voeg ʼn paar meester of soortgelyke spele by
Nadat u die vorige stappe voltooi het, wil u regtig sien waar u in die opening verkeerd gegaan het. U kan nou die skaak-enjin gebruik om u werk na te gaan, maar u moet ook ʼn paar meesterspele na u spel kopieer en plak as u iewers verkeerd sou gaan.

PS: Maak seker dat u dit regtig deur speel en verstaan wat werklik gebeur het.

6. Gereed vir u verbetering!
Laastens, maar nie die minste nie, onthou dat dit ʼn geleidelike, stadige proses is. U moet dus die reis geniet. Dit is nie altyd opwindend nie, en sommige take kan vervelig wees, maar soos met alles in die lewe, moet u dit ook doen!

Ten slotte wens ek u sterkte toe met die verbetering van u skaak. Onthou die langtermyndoelwit!

Want your school to be the top-listed School/college in Brits?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address


1 Kasteelberg Street
Brits
0250

Opening Hours

Monday 07:30 - 18:30
Tuesday 07:30 - 18:30
Wednesday 07:30 - 18:30
Thursday 07:30 - 18:30
Friday 07:30 - 18:30
Saturday 07:30 - 13:00