Eendstop

Eendstop

Share

02/09/2025

Graad 1 dogtertjie:"Tannie B, die kos is bussin-bussin!"
"Sê gou weer my skat?", vra ek met totale verwarring op my gesig. Wat op aarde beteken "bussin"?
"Dit is bussin, Tannie B, bussin-bussin."
"O?Ek is bly?" ,antwoord ek redelik onseker of ek bly moet wees of dalk nie.

So, is ons nou al amper klaar met die 3de kwartaal en ek hoor gereeld dat my kos "bussin bussin" is. Vandag besluit ek om vir Google te vra, wat op aarde beteken "bussin-bussin"?

Die antwoord:
"Bussin'" is a slang term, that means something is exceptionally good, excellent, or delicious, especially food. The phrase "bussin bussin" is simply a more emphatic way of saying "bussin," doubling down on the enthusiasm and implying something is outstanding.

Daar het ons dit. Ek hoop jou dag en veral jou middagete was bussin-bussin!

05/08/2025

Vandag se komplimente en vrae wat ek moes beantwoord?

"Tannie maak die lekkerste kos."
"Kan Tannie enige iets in die snoepie net vat en eet? Dit is mos alles Tannie sin?"
"Tannie lyk mooi."
"Ek hou van Tannie se outfit."
"Ja, Tannie se oorbelle match."
"My ma het gesê ek moet iets gesond koop. Is sjokolade gesond?"

Want your business to be the top-listed Food & Beverage Service in Bloemfontein?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address


99 Aliwalstreet
Bloemfontein

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00