Kruispad
19/07/2026
My Daaglikse Brood
Psalm 85:8-14
Psalm 85:10 (1983 vertaling) Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien: Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar.
- Nadat die mense met dankbaarheid dit wat God reeds vir hulle gedoen het in herinnering roep, bid hulle dringend dat God die volle en finale verlossing moet bewerkstellig.
- As Psalm 84 vertel van die verlange wat gestil word deur God se teenwoordigheid, wil Psalm 85 daarby voeg: “… moet net nie weer afdwaal nie. Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien …” (Psalm 85:9-10).
- Die stem van die profete belowe vervulling van hulle gebede en herinner die volk aan die liefde, trou, geregtigheid en vrede van God wat voorspoed sal bewerkstellig.
- God sal uitkoms gee, Hy bedink ‘n nuwe hemel en aarde, waar geregtigheid en trou na mekaar sal uitreik.
Gebed: Here, in moeilike tye wanneer ek ver van U af voel, hoef ek net te onthou wat U al vir my gedoen het, en veral wanneer ek onthou wat Jesus vir my gedoen het, vul U weer my hart met vrede en hoop, Amen.
10/07/2026
My Daaglikse Brood
Psalm 81:12-15
Psalm 81:14-15 (1983 vertaling) Ag, as my volk maar na My wou luister, as Israel maar my wil wou doen, hoe gou sou Ek hulle vyande nie op die knieë bring en hulle teëstanders met my eie hand verslaan nie.
- Die woorde, "Ag, as my volk maar ..." sê iets van God se diepe teleurstelling in Israel en kan vergelyk word met die skok en verbystering van iemand wat hoor dat sy of haar geliefde ontrou was.
- Wat dit nog meer ernstig gemaak het, was dat Israel volgehou het met die instelling om as gemeente saam te kom en oënskynlik die Here aanbid het (vgl Psalm 81:3-5).
- Hulle het dus met die mond saamgepraat, voorgegee en die skyn van heiligheid geopenbaar terwyl hulle nie volgens die wil van die Here gelewe het nie.
- Juda, wat leef uit die nuwe begin, moet dit alles ter harte neem en besef wat God van hulle vra.
Gebed: Here, vandag spreek U woorde aan Israel en Juda van ouds, ook tot my hart ... vergewe my Here dat ek U teleurstel en ook dikwels my eie wil volg en nie U wil nie. Ek bid dit in die Naam van Jesus, my Verlosser, Amen.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Address
The Agenda, Abdulla Omram Taryam Street
Dubai
Opening Hours
| 09:00 - 10:30 |