Hartstog
Halfpad daar. se challenge begin nou lekker te praat met my bene. Ek sit nou mooi op die helfte.
Vandag was ’n lekker Sondag-stroll. Die eerste 12 km het lekker gegaan.
Toe kom daai volgende 5 km…waar om elke hoek ek myself vra “miskien is my huis nou hier?” 😅
Dis snaaks hoe vinnig dit draai. Van “ek kan nog ver gaan” na “net nog een draai, asseblief.”
Maar dis seker hoekom ek dit doen.
Apies langs die pad.
Eekorings wat hul eie ding doen.
En ek… halfpad tussen rustig en oorleef.
Halfpad daar.
Nog 60 km om te gaan. Was 'n fun half-maraton.
21/04/2026
Soos meeste Suid-Afrikaners het ek grootgeword met daai emmer hoender op die tafel 🍗
En as baba… het ek die goeie stukke gekry. Die vel, die sappige dele 😄
Ek het nie geweet wat kalorieë was nie, net dat dit belaglik lekker was.
Jare later sit ek nou hier, probeer hardloop 🏃♂️, probeer bietjie slimmer eet… en daai craving gaan nêrens nie.
Ek wil nog steeds iets eet wat lekker is… maar my nie wreck nie.
So ek het begin speel met ’n resep om daai balans te kry.
Ek het probeer om die kalorieë so halfpad te sny. Dis nog steeds nie ’n slaai nie, maar dis ook nie genoeg kalorieë om jou kar mee te start nie 😅
En eerlik… dis net lekker.
Die crunch was vir my belangrik 🔥
Cornflakes doen meeste van die heavy lifting. Dis daai growwe stukke wat crispy bak.
Oat flour help alles bind en gee ’n bietjie body sonder om soos wit meel te voel. Stadiger energie, so jy crash nie sommer nie.
Geen wit meel, geen deep fry… net ’n bietjie slimmer.
Ek het dit vanaand gemaak want ek moet môre weer gaan draf en ek was bietjie pap.
Nog so 90km oor vir die@iloveboobies_za challenge 💪 ek kort my krag.
Dit scratch daai southern fried chicken itch sonder dat jy daarna voel jy moet jou sondes gaan bely 😉
As jy dit maak, laat weet my hoe dit uitgedraai het.
As jy wil weet wat ek vir die sous gedoen het of hoe ek die sweet potato fries gemaak het, drop ’n comment 👇
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Website
Address
Potchefstroom
2531