Atlantics RFC Supporters Group

Atlantics RFC Supporters Group

Share

23/10/2023

Goeiemôre ATL familie🙏

Neem asb kennis van die volgende:

Algemene Jaarvergadering

Datum: 23 Oktober 2023
Plek: Mount Pleasant Moffat Saal
Tyd: 18h00

Die vergadering is oop vir oud en nuwe lede🙏🙏

24/08/2023

Goeie môre ATL ondersteuners neem asb kennis van die volgende:

U kan steeds bestellings plaas by SG lede.

Plek: 252 Madeliefie (Maxine en Llewellyn se woning), Mount Pleasant, Hermanus

Tyd vir kolleksie: 17h00 pm

U ondersteuning word waardeer🙏🙏🙏

17/08/2023

U ondersteuning sal waardeer word🙏

11/08/2023

Spelerfokus:

Wel-Jean Julies 👏.

1.Naam
Wel-Jean

2.Van
Julies

3.Noem of bynaam
Bynaam is Eina

4.Gunsteling kos
My gunstelling kos is Boboti.

5.Gunsteling fliek
Born to race

6.Wat / wie inspireer jou?
Morne Adams - Sal altyd sê give it your all or nothing because tomorrow is not promised.!

7.Wie is jou rolmodel?
Israel Folau

8. Hoe sal jy jouself byskryf in n paar woorde ?
Ek beskryf myself as ñ mens se mens, baie respekvol, hardwerkend en hou van uitdagings.

9.Watter waardes is vir jou belangrik ?
Liefde, Respek en Omgee

10.Waar het jou liefde vir rugby begin?
My liefde vir Rugby het op hoërskool begin. Was eers ñ sokker speler voor ek begin het met rugby in 2012.

11.Hoekom Atlantics?
Wel dus my tuis dorp en wil nog altyd in die blou en geel trui uitgedraf het!

12.Watter posisie speel jy en watter posisie kan jy nog speel ?
Speel Buite senter (13). Maar kan ook Loskakel(10) binnesenter(12) en fullback (15) speel.

13.Wat geniet jy die meeste by jou klub en onder jou mede spelers?
Supporters wat week na week op offerings maak en players wat soos family is onder mekaar.

14.Boodskap aan die span vir die week.
Ek wil die volgende los by alle spelers kom ons speel die laaste games wat voorlê met hart en siel en onthou hier bou ons vir die toekoms. Let us all agree with one another in what we do on the field and that we perfectly unite in mind and thought. Keep up the good work boys!!🏈

09/08/2023

Spelerfokus:

Sergei Vaaltyn 👏.

1.Naam
Sergei

2.Van
Vaaltyn

3.Noem of bynaam
Spoed

4.Gunsteling kos
Tamatie kos

5.Gunsteling fliek
Rush hour 2

6.Wat / wie inspireer jou
My familie inspireer my

7.Wie is jou rolmodel
My pa

8.Watter waardes is vir jou belangrik ?
Lojaliteit,Respek,Eerlikheid

9.Waar het jou liefde vir rugby begin ?
Ek het in n rugby mal famile groot geword so rugby is van klein af in my in

10.Hoekom Atlantics ?
Atlantics is een van die klubs in die Overberg met die rykste geskiedenis en ons nuwe jong spelers is op n missie om die klub weer probeer sit waar dit was...

11.Watter posisie speel jy en watter posisie kan jy nog speel ?
Ek speel wing 11/14

12.Wie is jou gunsteling klub en internasionale speler ?
My gunsteling klub speler is Jerome"GROOTNAAM" Julies en gunsteling internasionale speler is Canan Moodie

13.Wat geniet jy die meeste by jou klub en onder jou mede spelers ?
Wat ek meeste van hou by die klub is die liefde wat n persoon ontvang as jy hier aankom en onder my mede spelers is dit die broerskap en bond wat ons het tussen mekaar

14.Boodskap aan die span.
"If we all move together forward,success will take care of itself"

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Hermanus?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Website

Address

Mount Pleasant
Hermanus
7200