Disciple Dynamix

Disciple Dynamix

Share

10/06/2019

Ons het verlede week na God se eienaam gekyk en gesien wat ʼn fenomenale Naam JHWH is. In Eksodus 6 het ons gesien hoe die Here 7 elemente noem wat Sy karakter beskryf, en dat Hy die spesifieke elemente toedraai, asof in ʼn kokon van Sy Naam. Voor Hy daardie sewe dinge bekend maak, en direk daarna, sê Hy vir Sy kinders: “Ek IS JHWH”.
Twee van die sewe elemente gaan oor die feit dat die Here lei. Hy sê: “Ek sal jou uitlei, weglei” en later “Ek sal jou inlei, inbring”. Dus, alreeds in sy Naam sê Hy vir ons dat Hy die een is wat ons sal lei, altyd en oral, en op die pad wat Hy wil hê ons moet wees.
Dawid ontdek God se leierskap in sy lewe op ʼn tasbare wyse. Dit was heel moontlik al laat in sy lewe toe Dawid terug ged**k het aan die tye toe hy nog ʼn skaapwagter was wat elke dag die natuur moes ontbeer om sy skape te versorg. In Psalm 23 verbind hy die Here se naam, JHWH, aan die eienskap van herder-wees. Hy kon uit reflekteer oor wat dit beteken om ʼn herder vir skape te wees, en daaruit kon hy beskryf hoe hy die Here as sy Herder ontdek het.
JAHWE- Rohi: Die HERE is my Herder.
Dis die Here, JHWH, wat jou inlei tot binne in Sy heilige teenwoordigheid. Sien jouself soos ʼn lammertjie wat agter die herder aan hardloop om veiligheid binne in die omheinde kamp te vind. Sien hierdie “kampie” soos die Tent van Ontmoeting – ʼn simbool van verhouding met God. Hy lei jou tot binne waar geen onheil naby jou kan kom nie. Hy lei jou weg van die gevaar, en lei jou tot binne in ʼn veilige plek.
REALITY CHECK
Die Naam Jahwe-Rohi vertel nie net vir ons hoe die Here in die Ou Testament was nie, maar presies hoe Hy vandag nog is. Jahwe wat lei, is nie ʼn God wat van ver af, so van bo af, daar uit die hemel aan ons tekens gee van die rigting waarin ons lewens behoort te gaan nie. Hy is intiem, persoonlik besig om aan ons leiding te gee. Hy is so naby soos ʼn herder, wat graag effektief wil wees, aan sy skape behoort te wees.
PERSONAL APP
Maak dit persoonlik. Die Here is soms doodstil in Sy magtigheid, maar nooit ver of onbetrokke nie. Probeer na jou lewe te kyk “vanaf ʼn afstand”. Kry ʼn bietjie perspektief deur na jouself te kyk vanuit die oë van iemand anders. Sien jouself, sien jou omstandighede raak. Sien jou vrae, jou kommer.
Plaas dit wat jy sien nou teen die agtergrond van die waarheid van wie God is: JAHWE-ROHI, jou HERE wat reg voor jou loop. As jy verdwaal VOEL, skep moed deur die realiteit van God se teenwoordigheid en leierskap.
Om jou hiermee te help: sien ʼn bietjie hoe die volk van die Here in sirkels in die woestyn rondtrek. Dit lyk so asof hulle verdwaal is, geen leiding het nie. Maar sien die wolk kolom en vuur kolom wat Goddelike rigting en leiding gee, al lyk dit op fisiese vlak ʼn verdwaal-verhaal.
Verander vandag jou verdwaal-verhaal deur bloot te erken dat jou HERE se naam JAHWE-ROHI is, wat besig is om jou te lei in SY rigting en op SY manier. Maak jou storie vandag ʼn oorwinningsoptog, aangevoer deur jou leier, JHWH-ROHI.

19/04/2019

Die nuwe seisoen van Dissipelskool het pas begin. Die nuwe seisoen staan bekend as die Dissipel LAB (Dissipel Leefstyl-Aktivering Begeleiding). Die volgende kontaksessie is op Woensdag 24 April, 18:30, by Annico straat 18, Ninapark. Kontak my indien jy nog belangstel om in te skakel.
Die Disciple Dynamix blad is spesifiek begin om die D-LAB se daaglikse dagstukke met mekaar te deel. Geniet die stukkies saam met die D-LAB

30/10/2018

EK het vanoggend wakker geword met ʼn beklemming in my gemoed, en vrees het sommer in sweetdruppels op my kop begin uitslaan. Omstandighede lyk benard en dit lyk net asof dinge nie gaan verbeter nie.
Soos elke oggend sien ek Mariette af by haar motor as sy werk toe ry, en dan gaan ek kamer toe om stil te raak en by die Here te kuier. Dis my lewensaar, die bron van krag vir elke dag, en vandag het ek dit meer as ooit nodig, want my kop hang laag.
Die eerste stukkie wat ek elke oggend lees, is sommer op my selfoon. Die “vers van die dag” het my al soveel keer verras, en ek moes al ʼn paar keer beleef dat die Here ʼn baie spesifieke plan met hierdie app. het, want dis Random versies wat aan al 100 miljoen mense gestuur word wat die app. al afgelaai het. Vanoggend praat Romeine 12:21 sommer weer reguit met my hart:
“Do not be overcome by evil, but overcome evil with good.”
Ek beleef hoe die Here wil hê ek moet bly fokus op dit waarvoor ek gemaak is: om goed te doen. Die boosheid van finansiële druk en die invloed van ons benarde situasie op my gemoed en gesondheid is aanvallig sommer vroeg in die oggend. Maar op grond van die Woord wat die Here vanoggend vir my bring, kies ek om vandag goed te doen.
Die volgende studieplan wat ek deurwerk gee vir my riglyne om nie net hierdie dag nie, maar elke dag te met oorgawe te leef. Thess. 5:17-18
“Rejoice always. Pray always. Give Thanks in everything!”
RAPAGE – Rejoice Always, Pray Always, Give Thanks in Everything
En dan die laaste stukkie van hierdie gedeelte, wat betrekking het op al drie voorskrifte: “want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus!”
Wees altyd vol blydskap, want dit is God se wil vir jou. Maak jouself bly en opgewonde wanneer die omstandighede van jou tydelike realiteit die feite van jou ewige realiteit verbloem. Herinner jouself aan die sorg en beloftes van die Here. Kyk met Sy oë na jou lewe. Sien raak wat die geheime is wat Hy wil hê jy moet raaksien. En skep moed!
Bid sonder ophou, want dit is God se wil vir jou. Bly altyddeur in direkte verbinding met die Vader, want dan is jy op die perfekte plek, en is jy binne God se wil, maak nie saak wat jou omstandighede vir jou probeer wysmaak nie.
Sê vir die Here dankie in alle omstandighede, want dit is God se wil vir jou. Sê dankie vir alles wat in jou lewe gebeur. Alles! Dis is God se wil vir jou dat jy dankbaar is vir alles, al is dit sleg, al is dit nie eens van Hom af nie. Maar wanneer ons dankbaar is vir ALLES, bewys ons eintlik dat ons regtig glo dat alles ten goede meewerk vir die een wat Hom liefhet. Om dankie te sê vir sleg en swaar, lig jou uit daardie omstandighede, en plaas jou binne in God se wil, sodat Hy alles kan laat uitwerk vir die beste.
Die derde stuk wat ek lees, kom uit Psalm 37. Dit help my om vreugde te vind in niks anders as net die Here nie. As ons moet dankie sê vir die swaar en sleg in ons lewens, is dit maklik om ons vreugde juis daarin te probeer vind. Dit klink masogisties, maar soveel mense doen dit. Hulle vind hulle identiteit in hulle swaarkry en seer. Die Here vra vanoggend van my om net dankie te sê vir die swaarkry, maar dan na Hom toe te draai om my vreugde in Hom te vind.
“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.”
Maak jouself bly in die Here. Soek vreugde by Hom, in Sy teenwoordigheid. Soek Hom totdat jy Hom vind, en hou dan jou fokus op Sy teenwoordigheid in elke situasie in jou lewe.
ʼn Eenvoudige tydjie van kuier saam met die Here het my gemoed gedraai en my in staat gestel om ʼn dag vol stres op ʼn totale ander manier, met oorvloedige lewe en vreugde te beleef.
Dankie Here dat U ons gemoed vernuwe, en dat U ons gedagtes nuut maak en in lyn bring met U gedagtes oor ons.

Want your place of worship to be the top-listed Place Of Worship in Akasia?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address

Annico Street 18
Akasia
0182